AfriForum staan man by na aanranding by Witrivier-polisiestasie

Loading player...
Barend Byliefeldt wat verlede Sondag in die Witrivier-polisiestasie aangerand is, kon uiteindelik ‘n saak van aanranding en die rig van ‘n vuurwapen aanmeld met behulp van AfriForum verlede week.
‘n Video wat deur sy verloofde, Delia Jordaan, geneem is en wat duidelik toon hoe hy voor die polisie deur ‘n groep mans aangerand word, het verlede week wyd op sosiale media versprei.
Jordaan sê hulle is die dag nie toegelaat om enige sake aan te meld nie.
‘n Saak van kwaadwillige saakbeskadiging en crimen injuria is teen Byliefeldt geopen.
Marnus Kamfer, regs- en risikobestuurder van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het met Sanett gesels oor hoe hulle die paartjie bystaan en die belang daarvan om te verseker dat dit nie met ander mense ook gebeur nie.
7 Apr 2021 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Misdaadwenke deur Securicon

Callum Mac Pherson van Securicon is terug as gereelde gas op 100.5FM waar hy misdaadwenke en tendense met luisteraars deel.
10 Apr 14 min

Paasnaweek in die wildtuin: Drama, boetes en gelukkige besoekers

SANParke sê die probleem van besoekers wat tydens wildritte in die Krugerwildtuin uit hul voertuie klim neem toe. Die afgelope Paasnaweek is ‘n man met 2-duisend-500-Rand beboet na hy by ‘n leeubesigting naby Krokodilbrug uit sy voertuig geklim het. In video-materiaal wat op sosiale media versprei is maak hy beledigende…
8 Apr 9 min