Vermiste Nelspruit-meisie gevind na lang soektog

Loading player...
Die 19-jarige Selanna Biggs is gistermiddag gevind, na sy Saterdag as vermis aangemeld is.
Sy was in ‘n motorongeluk op die Kaapsehoop-pad.
‘n Groot soektog na haar is van stapel gestuur.
Volgens haar ma, Melisa, was sy vir meer as 27 uur in die wrak vasgekeer waar dit onder in 'n plantasie van die pad af beland het.
Selanna is na Nelspruit Mediclinic geneem vir behandeling. Sy het haar been gebreek.
Albert Gryvenstein van Bossies Community Justice het vir Sanett vertel hoe hulle haar uiteindelik opgespoor het.
12 Apr 2021 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Misdaadwenke deur Securicon

Callum Mac Pherson van Securicon is terug as gereelde gas op 100.5FM waar hy misdaadwenke en tendense met luisteraars deel.
10 Apr 14 min

Paasnaweek in die wildtuin: Drama, boetes en gelukkige besoekers

SANParke sê die probleem van besoekers wat tydens wildritte in die Krugerwildtuin uit hul voertuie klim neem toe. Die afgelope Paasnaweek is ‘n man met 2-duisend-500-Rand beboet na hy by ‘n leeubesigting naby Krokodilbrug uit sy voertuig geklim het. In video-materiaal wat op sosiale media versprei is maak hy beledigende…
8 Apr 9 min