Fenomenale gemeenskap, reddingswerkers geloof vir Selanna se redding

Loading player...
Selanna Biggs (19) is Sondag gevind waar sy amper 28 uur in haar motor vasgekeer was na ‘n ongeluk. ‘n Groot soektog is van stapel gestuur sedert sy Saterdagmiddag as vermis aangemeld is.
Haar ma, Melisa Biggs, sê dit was verstommend hoe die gemeenskap saamgetrek het en ingespring het om te help om na haar dogter te soek.
“As dit nie was vir die gemeenskap nie, het ons vandag by ons dogter se graf gestaan, eerder as langs haar hospitaalbed,” vertel sy vir Réhann Coetzee.
Sy het ook met hom gesels oor die pad vorentoe.
Johan du Plessis vertel ook hoe dit hulle bykans twee uur geneem het om Selanna te red nadat hulle haar kar opgespoor het.
16 Apr 2021 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Misdaadwenke deur Securicon

Callum Mac Pherson van Securicon is terug as gereelde gas op 100.5FM waar hy misdaadwenke en tendense met luisteraars deel.
10 Apr 14 min

Paasnaweek in die wildtuin: Drama, boetes en gelukkige besoekers

SANParke sê die probleem van besoekers wat tydens wildritte in die Krugerwildtuin uit hul voertuie klim neem toe. Die afgelope Paasnaweek is ‘n man met 2-duisend-500-Rand beboet na hy by ‘n leeubesigting naby Krokodilbrug uit sy voertuig geklim het. In video-materiaal wat op sosiale media versprei is maak hy beledigende…
8 Apr 9 min