#DateAPuma: Eduan Swart

Loading player...
Die maand van liefde het aangebreek en hierdie Valentynsdag kan jy die geleentheid kry om saam met ‘n Pumas-speler op ‘n afspraak te gaan.
‘n Hele klomp van hierdie jongmans het hul name in die ring gegooi om ‘n bietjie nuwe mense te ontmoet – natuurlik van die skoner geslag.
Eduan Swart (21), speel haker en is oorspronklik van Pretoria.
As jy dink julle twee sal dalk goed klaarkom, stuur vir ons ‘n WhatsApp-boodskap waarin jy ons 'n bietjie meer van jouself vertel. Merk dit net met die hitsmerk #DateAPuma.
2 Feb 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

KLCBT hou volgende maand konferensie

Vanjaar fokus die KLCBT Konferensie vir 'n hele dag slegs op toerisme, en 'n vol dag slegs op sake. Linda Grimbeek vertel alles oor 11 en 12 Junie.
25 May 6 min

SANParke verskerp veiligheid na moorde in Krugerwildtuin

SANParke sê veiligheidsmaatreëls word verskerp in die Pafuri-gedeelte van die Krugerwildtuin na die moord op twee toeriste. Die liggame van Dina en Ernst Marais van Mosselbaai is Vrydag in dié gebied gevind. Rey Thakhuli het meer.
25 May 6 min

Druipkoers vir leerling-rybewyse skiet die hoogte in

Die toetse vir leerling-rybewyse is onlangs verander om korrupsie hok te slaan. Nou druip aspirant-bestuurders op groot skaal. Robert Chandler van die SA Instituut van Bestuursinstrukteurs gesels met Sonop Ontbyt.
22 May 10 min