Makhonjwa boorprojek goed op dreef

Loading player...
Boorwerk aan die Moodies-BASE Projek in die Makhonjwa berge is goed op dreef. Geoloë boor reeds verskeie maande in hierdie UNESCO Wêreld-erfenisgebied. Hulle hoop dat hierdie goed bewaarde rotsmonsters navorsers sal kan help bepaal hoe die aarde en lewe daarop gevorm is. Phumelele Mashele en Rodney Tucker het met Ludi en Mireille gesels.
21 Apr 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

KLCBT hou volgende maand konferensie

Vanjaar fokus die KLCBT Konferensie vir 'n hele dag slegs op toerisme, en 'n vol dag slegs op sake. Linda Grimbeek vertel alles oor 11 en 12 Junie.
25 May 6 min

SANParke verskerp veiligheid na moorde in Krugerwildtuin

SANParke sê veiligheidsmaatreëls word verskerp in die Pafuri-gedeelte van die Krugerwildtuin na die moord op twee toeriste. Die liggame van Dina en Ernst Marais van Mosselbaai is Vrydag in dié gebied gevind. Rey Thakhuli het meer.
25 May 6 min

Druipkoers vir leerling-rybewyse skiet die hoogte in

Die toetse vir leerling-rybewyse is onlangs verander om korrupsie hok te slaan. Nou druip aspirant-bestuurders op groot skaal. Robert Chandler van die SA Instituut van Bestuursinstrukteurs gesels met Sonop Ontbyt.
22 May 10 min