Witrivier vrou behaal 15de plek onder vroue in debuut Comrades

Loading player...
Caroline Josten van Witrivier het tydens haar Comrades-debuut vanjaar, algeheel 15de geëindig en was negende van almal in die veteran-kategorie met haar tyd van 07:09.
Verstommend het sy kort voor die ultramarathon ‘n besering en varkgriep opgedoen.
Sy het vir Ludi en Mireille vertel wat sy vir 2023 beplan.
8 Sep 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

SolarFlair presteer by Sasol Solar Challenge

Die plaaslike SolarFlair-span het "Best Embodiment of African Engineering and Team Spirit" gewen tydens die pas afgelope Sasol Solar Challenge. Craig Gebhardt en Schalk Pottas het by Sonop Ontbyt in die ateljee gekuier.
28 Sep 16 min

Cupcakes 4 Kids with Cancer hierdie Saterdag

September is Bewusmakingsmaand vir Kinderkanker, en Saterdag sal die Laeveld by duisende Suid-Afrikaners aansluit vir die Nasionale Kolwyntjiedag vir Kinders met Kanker. Jacki van Zyl vertel meer.
23 Sep 6 min

Groot Vyf in Konsert in die Kruger

Die Laeveld SANParke Ereveldwagters beplan in Maart 'n groot konsert om fondse in te samel om hul aktiwiteite in die Krugerwildtuin te befonds. Linda Pieters vertel vir Sonop Ontbyt meer oor die Groot Vyf musikante wat deel gaan wees van hierdie onvergeetlike ervaring.
22 Sep 14 min

Pumas kyk vorentoe na Curriebeker-hartbreek

Die Pumas het weer die eindronde van die Curriebeker gehaal vanjaar, en hul seisoen is nog lank nie klaar nie. Marius van Rensburg gesels met Sonop Ontbyt oor hul opkomende toer oorsee en wat hulle vir 2027 in die mou voer.
22 Sep 10 min