Wiele2Wiele gesels oor hibriede motors

Loading player...
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die opgeknapte Toyota Corolla Sedan en die Toyota Hatch (luikrug), maar met hulle jongste weergawe van die petrol-elektriese hibriede dryfstelsel. Hulle ervaar ook Toyota se RAV4 Plug-In Hybrid wat jy nog nie kan koop nie, maar daar is ’n paar in die land as ’n marknavorsingsoefening. Hulle deel baie interessante nuus van Volkswagen SA en gaan ry ook met Volvo se XC60 T8 Recharge Plug-In Hybrid. Vir die wenk van die week, verduidelik hulle hoe al hierdie hibriede tegnologie werk en gesels vir 2Wiele oor Ducati wat die MotoGP kampioenskap gewen het, na ’n droogte van 15 jaar.
10 Nov 2022 Afrikaans South Africa Automotive

Other recent episodes

Wiele2Wiele gesels oor Kia en JMC se bakkies

Die hele motorindustrie is aan die gons oor die bekendstelling van die nuwe Kia Tasman-bakkie en Wiele2Wiele vertel jou meer oor hoe hierdie bakkie beslis sy man kan staan. JMC het sy Vigus-bakkie vir die media gewwys vóór die amptelike bekendstelling. Dit is dan tyd vir motorsportaksie met die eerste…
16 Apr 25 min

Wiele2Wiele ry Alfa se Junior Veloce

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele is daar drie padtoetse: die Renault Duster 1.3T 4x2, die Volvo XC60 T8 PHEV en die elektriese Alfa Romeo Junior Veloce. Hulle gee brandstofbesparingswenke en daar is ’n meningspeiling vir 2Wiele waar hulle jou terugvoer soek.
2 Apr 25 min

Wiele2Wiele ry nuwe Golf GTI

Hierdie week vir Wiele2Wiele ervaar hulle die nuwe ikoon - Volkswagen se Golf GTI. Renault stel ook sy nuwe Kiger Turbo bekend. Hulle gesels met die 17-jarige Vatiswa Mokhonoana, wat aan Toyota Gazoo Racing SA se GR86-beker deelneem en gaan maak ’n draai by ’n baie interessante Nuts and Bolts-tydren.
27 Mar 26 min

Wiele2Wiele ry nuwe Volvo ES90

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele maak hulle kennis met Volvo se splinternuwe ES90 - ’n statige elektriese sedan, met ’n reikafstand van meer as 700 km. Hulle vertel jou wat te sien was by die ‘Kerk, Karre & Koffie’-minimotorskou en glimlag breed oor die Suid-Afrikaner Darryn Binder se…
20 Mar 26 min