Kampe in wildtuin onbereikbaar weens oorstromings

Loading player...
Vier kampe sowel as verskeie paaie en brûe in die Krugerwildtuin is ontoeganklik weens oorstromings, maar geen beserings is nog by mense of diere aangemeld nie. Die Onder-Sabie, Krokodilbrug, Biyamiti en Talamati-kampe word erg geraak en is onbereikbaar. 'n Woordvoerder van SANParke, Ike Phaahla, sê hulle monitor deurlopend die situasie en is in kontak met die gaste in die kampe. Gaste van Talamati is na Satara verskuif. Nog reën word verwag. Alle besoekers is gewaarsku om grondpaaie te vermy. Gaste is ook genooi om hul besprekings te verander.
10 Feb 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Hou asb. by die padreëls die vakansie

Wees veilig op die pad hierdie feestyd. Solange Soares van TRACN4 verduidelik aan die Middag Game Drive watter maatreëls TRAC alles in plek het.
16 Dec 11 min

Vind genesing in jou tuin

Kan jy genesing vind in jou tuin? Luister na die professionele opinie van 'n organiese groentetuin kundige Elzabé de Bruyn.
15 Dec 13 min