Nasionale ramp afgekondig weens oorstromings

Loading player...
Die regering het ‘n nasionale ramptoestand afgekondig om in te gryp ná wydverspreide oorstromings wat groot dele van die land raak.
Rampbestuur in Mpumalanga vra dat mense sover moontlik van die paaie afbly, gegewe die volgehoue oorstromings in die provinsie. Jacques Benade sê hulle het gister reeds versoek dat skole in die Nkomazi-area sluit en mense eerder van die huis af werk.
'n Oranje vlak 9-weerwaarksuwing bly vir vandag in plek in die Laeveld.
Huise het oorstroom, voertuie is deur vloedwater meegesleur, en damme en rioolwerke loop oor. Dit lei tot die verlies aan basiese infrastruktuur en skade aan paaie en brûe.
Die situasie verander voortdurend.
14 Feb 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Hou asb. by die padreëls die vakansie

Wees veilig op die pad hierdie feestyd. Solange Soares van TRACN4 verduidelik aan die Middag Game Drive watter maatreëls TRAC alles in plek het.
16 Dec 11 min

Vind genesing in jou tuin

Kan jy genesing vind in jou tuin? Luister na die professionele opinie van 'n organiese groentetuin kundige Elzabé de Bruyn.
15 Dec 13 min