TRAC IS gereed vir 'N besige Paasnaweek op die N4

Loading player...
TRAC verwag verkeersvolumes op die N4 om beduidend te verhoog tussen Gauteng, Mpumalanga en Maputo hierdie Paasfees. Verwagte piektye is Donderdag vanaf 11-uur, sowel as Vrydag en Maandag heeldag. TRAC se bewusmakingsveldtog oor padveiligheid asook hul vinnige reaksie is van Donderdag tot Dinsdag in plek. Kommunikasiebestuurder, Solange Soares, sê reisigers moet fyn beplan omdat veral grensposte bàie besig is oor die Paasnaweek. Die 24-uur hulplyn is 365 dae beskikbaar aan alle padgebruikers in enige noodgeval.
5 Apr 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Paasnaweek in die wildtuin: Drama, boetes en gelukkige besoekers

SANParke sê die probleem van besoekers wat tydens wildritte in die Krugerwildtuin uit hul voertuie klim neem toe. Die afgelope Paasnaweek is ‘n man met 2-duisend-500-Rand beboet na hy by ‘n leeubesigting naby Krokodilbrug uit sy voertuig geklim het. In video-materiaal wat op sosiale media versprei is maak hy beledigende…
8 Apr 9 min

Harcourts: Kry jou sake agtermekaar. Regtig

Dit is baie belangrik om jou dokumentasie in plek te hê vir in geval, sê Glynis Davies van Harcourts. "Dit veroorsaak soveel pyn en selfs 'n bakleiery as jy sterf en jy het nie 'n testament of eksekuteur nie."
8 Apr 16 min