Wiele2Wiele ry met nuwe Honda Civic Type R

Loading player...
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die nuwe Honda Civic Type R, wat spog met ’n baanrekord by die Suzuka- en Nürburgring-renbane, en ook ’n klaskategoriewenner by die 2023 Simola-heuwelren was. Hulle is opgewonde oor Kia se pragtige Sportage wat nou as ’n dieselmodel beskikbaar is en gee huiswerk vir die luisteraars rakende die ruil van ʼn spaarwiel. “Hierdie was die beste een nóg!”, is op almal se lippe na die 2023 Simola-heuwelren en die span gesels oor hoe die weer ’n groot rol gespeel het.
10 May 2023 Afrikaans South Africa Automotive

Other recent episodes

Wiele2Wiele ry nuwe RAV4, iCAUR

Toyota het sy sesde-generasie RAV4 bekend gestel – ’n pragtige sportnutsvoertuig met gevorderde tegnologie wat wys hoe ver die model ontwikkel het sedert die eerste RAV4 in 1994 bekendgestel is. iCAUR het ook sy unieke en eiesoortige V23- en 03T-modelle bekendgestel. Vir die tegniese wenk van die week word daar…
12 Jun 25 min

Wiele2Wiele gesels oor Motor van die Jaar-wenners

Hierdie week vir Wiele2Wiele word die splinternuwe Land Cruiser FJ bekendgestel en die 2026 SA Motor van die Jaar-wenners word aangekondig. Vir die tegniese wenk van die week word daar oor herroepings gesels en hulle sit die kollig op ons Suid-Afrikaanse motorfietsjaers wat oorsee deelneem.
4 Jun 25 min

Wiele2Wiele ry Volvo, Mitsubishi en VW

Hierdie week vir Wiele2Wiele is daar drie uiteenlopende padtoetse: Volvo se elektriese ES90-sedan, Mitsubishi se Destinator-sportnuts en Volkswagen se GTI-luikrug. Vir die tegniese wenk gee hulle raad oor wat jy moet doen wanneer jy deur water moet ry en die manne redeneer oor die onlangse MotoGP-ren met hewige ongelukke.
29 May 26 min

Wiele2Wiele: Kia se Carens bekendgestel

Hierdie week vir Wiele2Wiele - die eerste Toyota Matsuri-fees is by die Kyalami-renbaan gehou, waar gaste nie net meer oor Toyota en sy ryke geskiedenis kon leer nie, maar ook self agter die stuur van Toyota se opwindendste nuwe modelle kon inklim. Kia het ook sy nuwe Carens bekendgestel. Dit…
22 May 27 min

Wiele2Wiele vat langpad met Merc se Vito Tourer

Hierdie week vir Wiele2Wiele vertel hulle jou van Ford se Ranger wat opgeknap is met ’n nuwe 2,3 liter EcoBoost-enjin. Die Kritzingers vat dan die langpad Gqeberha toe met ’n agtsitplek Mercedes-Benz Vito Tourer-bussie, waar hulle 18-jarige seun, Zian Kritzinger, aan die Ironman South Afrika driekamp-kompetisie deelgeneem en dit suksesvol…
14 May 26 min