Curriebeker: Pumas fokus op dissipline, punte voor Bulle stryd

Loading player...
Oorwinnings in die Curriebeker vir die WP en Bulle hierdie naweek kan moeilikheid maak vir die Airlink Pumas. Na 'n goeie begin aan die seisoen kan die verdedigende kampioene tot in die vierde posisie op die punteleer terugsak en daarmee die risiko loop om verbygesteek te word in die twee finale rondes voor die halfeindstryde bepaal word. Die Pumas lê tans derde op die punteleer, agter die Cheetahs en Haaie. Hulle speel môre tuis teen die Bulle. Afrigters Corné Steenkamp en MJ Mentz gesels met Gerhardt oor hul fokus.
26 May 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Vind genesing in jou tuin

Kan jy genesing vind in jou tuin? Luister na die professionele opinie van 'n organiese groentetuin kundige Elzabé de Bruyn.
15 Dec 13 min

Vryemarkstigting se plan teen misdaad: Radikaal maar Grondwetlik

Niemand blyk ‘n daadwerklike plan te hê om die hoë vlakke van geweldadige misdaad in Suid-Afrika hok te slaan nie. Die Vryemarkstigting het voorstelle. Dit is radikaal, maar Grondwetlik, sê Martin van Staden, die hoof van beleid, maar daar is geen politieke aptyt voor nie. Hy sê misdaadvlakke is abnormaal…
10 Dec 14 min