Luister na Jhani Pottas, 'n dosent in opvoedkunde by Akademia en 'n kundige in probleemgebaseerde leer, wat die potensiaal van hierdie metodologie om die onderwysstelsel te transformeer, in hierdie episode bespreek.
In hierdie episode van die Podvoeding-reeks oor onderwys delf ons dieper in die onderwysvraagstuk van ons tyd saam met dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. Ons ondersoek die uitdagings wat Afrikaanse onderwys vandag in die gesig staar en bespreek oplossings vir hierdie uitdagings.
Elsabé Joubert en Leani Meintjies is meesteronderwysers wat die toekoms van onderwys reeds ʼn realiteit in hul klaskamers gemaak het. Hierdie twee geroepe opvoeders vertel jou van die suksesse van kringonderrig, Meesterkringe™, die omgekeerde klaskamer en leerervarings wat jou verbeelding sal aangryp.
Hendrik de Kock, die gasspreker vir hierdie episode, sal die Podvoeding-span se stem kry as die minister van assessering, sou daar ooit so ʼn pos geskep word. In dié episode gesels ons oor die hede, die verlede en die toekoms van assessering en ons droom saam oor die krag wat…
Die debat oor die waarde van huiswerk doen gereeld die rondte op onderwysgroepies op sosiale media. Om die braaivleisvuur hoor ons gereeld van ouers wat tot laat aand saam met kinders spook om huiswerktake betyds af te handel. In hierdie episode van die reeks Podvoeding, gesels ons met ’n gesoute…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.