Laeveld Ervaring: David Mabunda verkies tot nuwe KLCBT-president

Loading player...
David Mabunda, die voormalige uitvoerende beampte van SANParke, is gister verkies tot president van die Kruger-Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT). Hy sal vir twee jaar dien.
Linda Grimbeek vertel vir Mireille dat hulle ook twee spesiale gesante aangestel het om die werk wat hulle reeds jare namens die KLCBT verrig voort te sit.
Oupa Pilane sal hom beywer vir toerisme-ontwikkeling en transformasie en Hendrik Janse van Rensburg vir vaardigheidsontwikkeling.
7 Jun 2023 Afrikaans South Africa Entertainment News · Music Interviews

Other recent episodes

Straatdebat: Hoe het jy Innibos ervaar?

Innibos is vir die eerste keer sedert 2019 weer die naweek aangebied en dit was 'n dawerende sukses. 100.5FM het vir die drie dae regstreeks uitgesaai vanaf die fees en Denise het by hulle uit gaan vind wat hul indrukke was van dié grootse fees.
4 Jul 2023 5 min

Straatdebat: Goue oues

Watter liedjie sal vir jou altyd lewendig bly? Amanda gaan vind uit wat luisteraars as hul Goue Oues beskou.
27 Jun 2023 6 min

Musiekdebat: Lila Swift

Lila Swift, 'n boorling van die Laeveld, het onlangs haar eerste enkelsnit en musiekvideo vrygestel. Sy gesels met Amanda oor liedjies skryf, hoekom Taylor Swift haar inspireer en hoe sy "stage fright" hanteer.
22 Jun 2023 5 min