#2 Amanda Strydom
--:--
Amanda Strydom in gesprek met Elmarie Claassens.
Amanda Strydom is een van Afrikaans se bekendste sangers, addisioneel tot haar bekendheid as kabaretster, skywer, radio-omroeper, akteur en TV-ster. Sy begin haar loopbaan as akteur, maar vestig haar ook as liriekskrywer en sanger in 1979 met die reusetreffer "Ek loop die pad". Sy verower gehore met haar vlymskerp vertelstyl en enorme stem op nasionale en internasionale verhoë.
Amanda gesels in hierdie episode oor haar grootwordjare en haar eerste vloekwoord. Die gesprek maak draaie by vloek op die verhoog, die kuns van storievertelling en wat repek vir ‘n gehoor vir haar beteken. Sy gesels openlik oor uitdagings en taboes wat sy oorkom het gedurende haar loopbaan – van die Amandla-insident in 1986, tot al die taboes rondom haar psigiatriese diagnose.
[Elmarie Claassens is 'n kliniese sielkundige in 'n privaat praktyk.]
NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie.