
Ep 128 Kry jou vreugde terug na ‘n geliefde se selfdood
--:--
Om 'n geliefde te verloor beteken nie die wond sal nooit genees nie, sê "grief coach" en skrywer Marlene Potgieter. Toe haar seun 11 jaar gelede sy lewe beëindig het, het haar pad van rousmart begin. Sy praat oor die skok, skaamte, woede, misplaaste skuldgevoelens, ervaring van verwerping, en hoekom rousmart nie net ‘n toestand is nie, maar ook ‘n werkwoord.