Dié grande madame Langebaan!

Loading player...
Dis Vrydag en die span KLETS met Isabella Niehaus. Sy skryf twee kookboeke wat beide 'n Gourmand World Cookbook toekenning ontvang het. Die eerste boek “Duinhuis” vir Best entertainment boek en meer onlangs “Daar’s ‘n vegan op my verandah” saam haar skryf vennoot Louis Janse van Vuuren, of eerder soos Bella na hom verwys haar tweeling siel, vir die beste vegan kookboek in die wêreld!

Ons gesels ook kos, mooi goed, mense en menswees. Isabella deel ook met ons ‘n resep uit haar nuutste boek en is so gaaf om twee boeke weg te gee. Like die podcast, deel die podcast en like die Afrikaans.Radio bladsy om in aanmerking te kom!
4 Aug 2023 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Van Hormuz tot Hill-Lewis

Hierdie week se KLETS begin waar dit warm is… en bly. Die oorlog in die Midde-Ooste duur voort, Trump vat die Pope aan, en mense worry skielik meer oor die “Gays van Hormuz” as die “Straights”... Elon Musk sê hy is steeds te wit vir Starlink in Suid-Afrika, maar het…
15 Apr 45 min

Petrol, Politiek en ’n Ongemaklike Pomp

Hierdie week se KLETS begin by petrol… want dis waar jou begroting en jou bui mekaar elke oggend ontmoet. Maar, wie pomp vir wie? Donald Trump is weer los is op Truth Social, en die spanning in die Midde-Ooste is al hoe minder “breaking news” en al hoe meer soos…
8 Apr 1 hr 01 min

Grys en Gatvol maar Glad Nie Stil Nie

Ons gesels met kunstenaar en skrywer Maritza Breitenbach – ’n vrou wat nie net skep nie, maar ook voel, dink en kyk op maniere wat jou laat stilstaan. Van haar internasionaal erkende “The Cookie Book”, wat selfs Oprah se aandag getrek het, tot haar beeldhouwerk wat gevorm word deur die…
18 Mar 1 hr 17 min

Die Eerste Agt Dae van die Oorlog: ’n Suid-Afrikaner in Doha vertel

Die bomme val steeds in die Midde-Ooste en die wêreld kyk met groot oë na wat besig is om te ontvou. Ons praat met Adam du Plooy, een van ons getroue KLETS-luisteraars wat in Doha, Katar woon, om te hoor hoe dinge werklik op grondvlak voel. Adam gee vir ons…
11 Mar 1 hr 26 min

Ink op "Die Papier" en Vuur in die Midde-Ooste

In hierdie week se KLETS praat Colene en Matthys met die nuusredakteur van die splinternuwe Afrikaanse weeklikse koerant, Die Papier. In ’n tyd waar verskeie Afrikaanse koerante hul deure gesluit het, verskyn Die Papier op Vrydag 6 Maart 2026 vir die eerste keer en gaan dit elke Vrydag landwyd op…
4 Mar 49 min