Rapport Praat Sport | Franse verrassings en Protea-perfeksie

--:--
Die Franse Hane het toestemming gevra dat Antoine Dupont die naweek in hul WB-kwarteindstryd teen die Springbokke in 'n spesiale skrumpet en masker speel - 'n proses wat gewoonlik maande vat, maar dalk net vir Frankryk se goue seun bespoedig kan word. En in Lucknow in Indië wag 'n Australiese span wat lanklaas op alle suiers gevuur het op 'n Protea-groep wat hul WB-veldtog met 'n groot knal begin het - en sommer nog baie ruimte vir verbetering het.
10 Oct 2023 Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Die brein agter Rassie se middelveld-lynstane: PRG se DeWet Marais

DeWet Marais, tweedespan-afrigter van Paul Roos Gimnasium, kon sy oë nie glo toe hy Saterdag sien die Springbokke doen ’n beweging wat hy en sy mede-afrigter Erhardt Muth vroeër vanjaar vir skolerugby uitgedink het nie. DeWet, ’n voormalige SA Skole-afrigter, sluit hom dié week op Rapport Praat Sport aan en…
16 Jul 29 min

Franco Smith: ‘Dis ’n voorreg om in Bul-gesprek genoem te word’

Franco Smith sluit hom dié week op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy loopbaan, die sukses wat hy by die Glasgow Warriors behaal het, en die moontlikheid dat hy by Jake White kan oorneem as afrigter van die Bulle. “Ek is nog onder kontrak in Skotland, maar…
9 Jul 35 min

Ruan Smith: Van skrums teen Kitsie tot vrousoek op ‘Op my Eish!’

Ruan Smith is pas aangekondig as die nuwe vrygesel van KykNET se maatsoekprogram ‘Op my Eish!’. Dié week in Rapport Praat Sport gesels ons met dié voormalige Leeus-stut oor sy nuwe avontuur wat voorlê. Smith gesels ook padlangs oor sy rugbyloopbaan en die uitdagings wat hy in die gesig gestaar…
2 Jul 30 min

Jake se kop gaan rol: Selfs Rupert-vriendskap kan hom nie red

In dié week se Rapport Praat Sport bespreek Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Brenden Nel die burgeroorlog wat by Loftus Versfeld woed. Jake White gaan nie die rebellie teen hom oorleef nie. White, die Bulle se direkteur van rugby en hoofafrigter van die VRK-span, het sy kleedkamer verloor. Senior spelers…
25 Jun 37 min

Rassie oor plan vir 2025: ‘Wen genoeg om goeie WB-loting te kry’

Vandeesweek in Rapport Praat Sport kyk ons na die Proteas se spogsege in die eindstryd van die Wêreld-toetskampioenskap. Ons hoor by Shukri Conrad wat dié oorwinning vir hom en sy span beteken. Ons hoor ook by Rassie Erasmus, Springbok-afrigter, wat sy planne vir die jaar inhou en wanneer hy beoog…
18 Jun 22 min