Wiele2Wiele: Klein Suzuki-paneelwa beproef

Loading player...
In hierdie week se Wiele2Wiele-program word daar geredekawel oor die Mercedes-AMG C43 wat nou ’n 2.0 l viersilinder turbo-aangejaagde enjin het. Brendon Staniforth van Maroela Media deel sy indrukke van die Mercedes-AMG GLC 63 S E-Performance wat hy in Spanje ervaar het - dié is ook nie meer ’n V8 nie. Hulle gaan rits rond met die perfekte paneelwaentjie vir ’n klein besigheid - die Suzuki Eeco Van en gaan kuier weer by get\Worth vir hulle get\Crazy Oktober-promosie.
26 Oct 2023 Afrikaans South Africa Automotive

Other recent episodes

Wiele2Wiele ry Tata Tiago

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele vertel hulle jou wat nuus is by Volkswagen SA na afloop van die jaarlikse VW Indaba. Hulle gaan ry ook met die Tata Tiago, met ’n beginprys van R185 000.
12 Feb 26 min

Wiele2Wiele gesels oor Motor van die Jaar-finaliste

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele vertel hulle vir jou wie die 18 finaliste vir die SAGMJ se Motor van die Jaar-kompetisie is en spandeer ook tyd met een van daardie finaliste – die Volvo EX90 Twin Performance Ultra.
6 Feb 26 min

Wiele2Wiele ry nuwe JMC Vigus-bakkie

Hierdie week vir Wiele2Wiele ervaar hulle die nuwe JMC Vigus enkel- en dubbelkajuitbakkie, beskikbaar vanaf R299 900. Hulle bring ook tyd met die Ford Everest Sport SIP deur en vertel jou van die enjinveranderinge wat in 2026 op pad is. Verder deel hulle ’n tegniese wenk oor hibriede voertuie en…
30 Jan 24 min

Wiele2Wiele ry Toyota Hilux Legend 55

Terwyl Toyota Hilux’e oor die duine van Saoedi-Arabië vlieg by die Dakar-veldtydren, bring die span van Wiele2Wiele tyd deur met die Toyota Hilux Legend 55 en vertel jou alles oor hierdie legende. Met die uitmergelende Dakar-ren wat tans aan die gang is, verduidelik Toyota Gazoo Racing SA se Guy Botterill…
15 Jan 25 min