Sondagaand Erediens - Prof Pieter Verster

Loading player...
HABAKUK 3
Habakuk se gebed
1'n Gebed van die profeet Habakuk. Op die wysie van 'n klaaglied.
2Here, ek het gehoor wat van U vertel is
en ek is vervul met ontsag vir wat U gedoen het.
Doen dit tog ook in ons tyd,
laat u dade ook in ons tyd ervaar word,
ontferm U selfs in u toorn.
3God kom van Teman af,
die Heilige kom van Paranberg af.
Sela
Die hemelruim is vol van sy majesteit,
die aarde vol van sy roem.
4Hy kom met die glans van die lig,
weerligte blits uit sy hand,
sy hand so vol mag.
5Voor Hom uit gaan die pes,
in sy voetstappe volg die dood.
6Wanneer Hy staan, skud die aarde;
wanneer Hy kyk, bewe die nasies.
Die eeue-oue berge verkrummel,
die ou-ou heuwels val inmekaar,
die berge waaroor Hy van ouds af gewandel het!
7Ek het gesien hoe onheil die tente van Kusan tref,
hoe die tentdoeke van Midian bewe.
8Was U kwaad vir die riviere, Here?
Het u toorn teen die strome ontvlam?
Het die see U woedend gemaak
dat U op u perde gery het,
op die strydwaens waarmee U oorwin?
9U het u boog uitgehaal
en met 'n eed die opdrag aan die pyle bevestig.
Sela
3 Dec 2023 12PM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Saterdag Oggenddiens - Ds Horace van Coller

EFESIËRS 3 Die gebed van Paulus vir die Efesiërs 14Daarom kniel ek in gebed voor die Vader 15aan wie die hele gemeenskap van gelowiges in die hemel en op die aarde sy bestaan te danke het. 16Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan…
14 Feb 1AM 15 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Horace van Coller

HEBREËRS 12 2die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon…
13 Feb 1AM 15 min

Woensdag Oggenddiens - Ds Horace van Coller

MARKUS 9 20Hulle het die seun na Hom toe gebring. Net toe die gees vir Jesus sien, het hy die seun geweldige stuiptrekkings laat kry. Hy het op die grond neergeslaan en rondgerol, met skuim om die mond. 21Jesus het vir die pa gevra: “Hoe lank is dit al dat…
11 Feb 1AM 7 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Horace van Coller

LUKAS 17 5Die apostels sê toe vir die Here: “Gee ons meer geloof.” 6Maar die Here antwoord: “As julle maar geloof so groot soos 'n mosterdsaadjie gehad het, sou julle vir hierdie moerbeiboom kon sê: ‘Trek jou met wortels en al uit die grond uit en plant jouself in die…
10 Feb 1AM 8 min

Maandag Oggenddiens - Ds Horace van Coller

EFESIËRS 1 1Van Paulus, 'n apostel van Christus Jesus deur die wil van God. Aan almal in Efese wat aan God behoort en in Christus Jesus glo. 2Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus! Lof aan God vir sy genade 3Aan God, die…
9 Feb 1AM 12 min