Episode 1 - Kerkbode Kollig: Van trane na hoop

Loading player...
In hierdie episode van Kerkbode Kollig, gesels ons oor geloof in tye van tragedie en verlies.
Ds Christo Nel van Welkom vertel van die hartseer, maar ook verstommende ondersteuning wat hulle as gemeenskap ervaar het na ‘n busongeluk waarin ses tieners dood is.
Die nuwe moderator van die Wes-Kaapland, ds Marinus Theron, deel ‘n paar gedagtes oor gemeentes se uitdaging met roeping.
Die Stellenbosse teoloog en skrywer, prof Cas Wepener, vertel waaroor gaan die boek, Lamenting for change: Worship and preaching for social impact, Resources for a season of lament in service of hope wat hy saam met sy kollega uit die VGK, dr Dawid Mouton, saamgestel het vir gemeentes se gebruik tydens Lydenstyd.
17 Feb 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 48 | Dr Frikkie Coetzee vertel oor sy pad met evangelisasie

Dr Frikkie Coetzee is ’n predikant van Pretoria en hy lei die NG Kerk se Algemene Taakspan Evangelisasie. In dié episode van Kollig vertel hy vir Heléne Meissenheimer meer van sy eie geloofspad en die werk van dié taakspan. Van die onderwerpe wat hy bespreek is ’n “holistiese kyk” na…
6 Aug 19 min

Episode 47 | Maartje van der Westhuizen gesels met Barnard Beukman

As ons oor die kerk dink, dan kyk ons dikwels na die kerkbesluite wat die koerantopskrifte haal, maar die hart van die kerk lê eintlik op gemeentevlak. So sê Maartje van der Westhuizen, assessor (ondervoorsitter) van die NG Kerk se Algemene Sinode Moderamen. Barnard Beukman, oud-redakteur en joernalis, het in…
14 Jul 18 min