Cronjé van der Merwe boer al verskeie jare seisoenaal in die VSA. Hy het al allerlei werke verrig, en in vier state gewerk. Hy vertel vir Sonop Ontbyt dit is hárde werk.
Die Krugerwildtuin het besluit om nie meer dagbesoekers toe te laat weens aanhoudende en swaar reënval wat die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies raak. Gaste en personeel is uit Letaba-ruskamp ontruim na dit oorstroom het. Phalaborwa-hek sal ook vir ten minste 24 uur sluit so daar is tans geen toegang tot die…
Goud het gisteroggend tot 'n rekordhoogtepunt van meer as $4,600 per fynons gestyg. Stian Schutte van PSG Wealth sê beleggers beskou goud ook as 'n veilige hawe in tye van geopolitieke spanning.
Die weerwaarskuwing vir vandag vandag en môre is opgegradeer na ‘n rooi vlak 10 vir ontwrigtende reën in die Barberton, Mbombela, Nkomazi, Thaba Chweu, Bosbokrand, Letaba, Tzaneen, Phalaborwa en Giyani-areas. Weervoorspeller Abdul Ngcamu.
Hoërskool Nelspruit is weer as die topskool in Mpumalanga aangewys na die bekendmaking van die 2025 matriekuitslae. "Ons leer kinders om te droom met hul oë oop," sê Ferdi van Wijk (akademies) en Bertus Steyn (adjunkhoof) aan die Middag Game Drive.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.