Amushelelo was nie eerlik nie

--:--
Michael Amushelelo het vir sy ondersteuners vanoggend gelieg. Hy het gepraat oor die besetting van onbewone huise in Otjomuise wat in die hof gedraai het...

Die waarheid is dat regter Nate Ndauendapo ‘n interdik teen hom en sy groep ondersteuners toegestaan het wat hulle verbied om enigsins naby die eiendomme te kom. Daar is ook ‘n kostebevel teen hom en die NEFF-party en hulle moet die kostes van die aansoek betaal. Die ministerie is wel opdrag gegee om voor 25 Maart met NEFF te vergader maar dit is vir dialoog, en nie onderhandelings nie.
28 Feb 5AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Baie geweld, drank en dwelms op Copps 94.1

Van familie-gevegte tot dronk polisielede en bendegeweld, die Copps 94.1-span het ‘n besige Vrydagaand in die hoofstad gehad. Oudergewoonte was Francois Lottering aan diens en hy doen verslag.
26 Jul 11PM 1 min

Action Society verwelkom hersiening van Van der Westhuizen parool

Action Society verwelkom die besluit van die Departement van Korrektiewe Dinste om die parool te hersien van die voormalige polisie-offisier Marius van der Westhuizen, wat in 2006 sy drie kinders vermoor het in Brackenfell, Kaapstad. Hy het net 13 jaar van sy vonnis van 24-jaar uitgedien. Van der Westhuizen se…
26 Jul 11PM 1 min

Organiese landbouproduksie kry plaaslik aandag

Twee organisasies het saamgespan om die Kennissentrum vir Organiese Landbou en Landbou-ekologie in Suidelike Afrika-projek te implementeer. Die projek, deur die Namibië Natuurstigting en die Namibiese Organiese Vereniging, het ten doel om die aanneem van organiese boerderypraktyke in Suider-Afrika op te skaal. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Vera Corry,…
26 Jul 11AM 1 min

Kaapse parlementsgebou sal in tyd voltooi wees - Phiri

Die Toesigkomitee van Openbare Werke en Infrastruktuur in die buurland beloof ‘n praktiese benadering tot die herbou van die Parlement. Die voorsitter, Carol Phiri, het na ‘n besigtiging van die verwoeste Nasionale Vergadering gesê die herbouprojek, wat vanjaar begin het, is op koers en moet teen Mei 2026 afgehandel wees…
26 Jul 11AM 1 min

LPM eis Otavi-plaas terug, vir die jeuggroep

Volgens plaaslike media is lede van die Wisdom Youth Organisation ongelukkig oor hul afdanking by 'n plaas wat volgens hulle deur die landbouministerie aan hulle toegestaan is in 2015. Die plaas naby Otavi was bedoel om werksgeleenthede aan die jeug te bied onder toesig van Freddy Haixwa, die organisasie se…
26 Jul 11AM 1 min