Hoe moet mens maak met krokodil-aanvalle?

--:--
Die skaarste aan drinkbare water het vrese vir mens-wild-konflik in die Zambezi- en Kavango-streke verhoog, met spesifiek krokodille en seekoeie wat dikwels dorpenaars aanval wat water uit die twee standhoudende riviere trek. Inwoners word versoek om uiters waaksaam te wees wanneer hulle water gaan haal, visvang of in die Kavangorivier bad. Die 14-jarige Edward Mwambu Katjire van Shadjunu-dorpie is Sondag deur 'n krokodil aangeval en doodgemaak terwyl hy in die rivier geswem het. Sy lyk is in twee geskeur gevind. Die 23-jarige Alberthina Vishoni Ndumbu is verlede week Donderdag by Mabushe-dorpie deur 'n krokodil aangeval terwyl sy water en vis gaan haal het. Haar oorskot word steeds vermis. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende direkteur van die omgewingsake-ministerie, Teofilus Nghitila, gepraat oor die toenames in krokodil- en ook seekoeiaanvalle. Nghitila sê daar is uitdagings aangesien hulle nie die mense van hul riviere kan skei nie.
28 Feb 7AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

DA eis Mantashe moet PetroSA-kontrak ondersoek

Die DA vra die minister van Minerale en Petroleumhulpbronne Gwede Mantashe om om dringend aandag te gee aan bewerings oor PetroSA se 21 miljard Suid-Afrikaanse rand aflandige gaskontrak. Die party is bekommerd oor die staatsonderneming se verkryging en bestuur na aansprake die kontrak is toegeken aan 'n gelikwideerde maatskappy, Equator…
27 Jul 5AM 1 min

Amore Bekker kom kuier saam met die hartstigting

Die Namibiese Hartstigting sal op 3 Augustus 'n fondsinsamelingsgeleentheid aanbied. Die geleentheid sal 'n vasvra-aand wees wat deur die Chappies.com Vasvra-program aangebied word. Die geleentheid sal bygewoon word deur Amore Bekker, 'n bekende Suid-Afrikaanse radio-persoonlikheid. Bekker het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
27 Jul 5AM 1 min

Skerp kritiek uit SA oor Israel se deelname aan Spele

Olimpiese Spele: Die buurland se Departement van Sport, Kuns en Kultuur het die deelname van, wat hy beskryf as die volksmoordstaat van Israel, in Parys veroordeel. Die adjunkminister, Peace Mabe, sê hulle beskou Israel se deelname as totaal onmenslik, en 'n aanduiding van die geringskatting van die lewensverlies van duisende…
27 Jul 4AM 1 min

Cosatu verwelkom uitbreiding van SA se Agoa-lidmaatskap

Cosatu sê hy steun die uitbreiding van Suid-Afrika se lidmaatskap en die skep van 'n nuwe Agoa as 'n hupstoot vir die ontwikkeling van Afrika se ekonomie en werkskepping. Dit volg nadat die forum afgesluit is in Washington D.C. Die woordvoerder Zanele Sabela loof die handelsminister se pogings, met Agoa…
27 Jul 3AM 1 min

Hoekom het Sauma-lede nie gesê hulle vrae is onbeantwoord nie?

Reaksie word ontvang op die Stampriet Aquifer Uranium Mining Association, Sauma, wat glad nie oortuig is dat in-situ-loging van uraan in die akwifer by Stampriet veilig is nie. Twee Sauma-lede het die Dalur-myn verlede jaar besoek en sê hulle vrae is nie voldoende beantwoord nie en vrese is nie aangespreek…
27 Jul 1AM 1 min