Putco bekommerd oor geskil met Numsa

--:--
Die Putco-busmaatskappy en die vakbond Numsa kon nie ‘n middeweg vind oor geskorste werknemers nie. Die geskil dateer terug na ‘n onwettige staking in September 2022, waarna sekere werknemers met volle betaling geskors is, hangende die uitslag van ‘n ondersoek deur die Kommissie vir Bemiddeling, Versoening en Arbitrasie. Putco se woordvoerder, Lindokuhle Xulu, sê tydens ‘n opvolgvergadering gister, het Numsa geëis vir alle geskorste werknemers om heraangestel te word of nie by die Putco-perseel hoef aan te meld terwyl hulle geskors is nie.
28 Feb 8AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Venaani skiet nuwe hervestigingsbeleid af

Die Kabinet het 'n hersiene nasionale hervestigingsbeleid goedgekeur wat van 2023 tot 2033 geldig is. Die nuwe beleid het drie verskillende hervestigingsmodelle, naamlik die hoë-waarde, medium-waarde en lae-waarde ekonomiese modelle. Dit sluit ook 'n vrye besit-bepaling in, waarvolgens begunstigdes hul toegekende plase van die regering kan koop. Die beleid word…
23 Apr 10AM 1 min

NDTC had moeilike jaar: Brent Eiseb

Die uitvoerende hoof van die Namibia Diamond Trading Company, Brent Eiseb, het die 2023-boekjaar beskryf as uitdagend en moeilik. Van die faktore wat bygedra het tot die wisselvallige mark, volgens Eiseb, was swak verbruikersvraag, veral van die Chinese mark. Ten spyte van markuitdagings het die firma 'n sterk verkoopsprestasie in…
23 Apr 10AM 1 min

Trustco brei beleggingsvoetspoor uit

Trustco Group Holdings het aangekondig hy het 'n bykomende belang van 11,35 persent in Legal Shield Holdings van Riskowitz Value Fund verkry, vir 468 miljoen Namibiese dollar. Dit sal Trustco se belang in Legal Shield tot 91,35 persent verhoog. Die transaksie versterk Trustco se beleggingsvoetspoor in die plaaslike versekerings- en…
23 Apr 10AM 1 min

DA sal veg teen beweerde ANC mediamanipulasie

Die DA beloof om deur parlementêre kanale te veg teen die ANC se beweerde mediamanipulasie en joernaliste te beskerm teen afdwinging. Hy moedig die Nasionale Redakteursforum aan om die manipulasie te veroordeel, soos onthul in 'n uitgelekte opname van 'n ANC-nasionale uitvoerende komiteevergadering. Ashor Sarupen van die DA beskou president…
23 Apr 9AM 1 min

'On The Money' bring waarde vir werkers, organisasies

Old Mutual gaan deur sy "On The Money"-program voort om omvattende en gratis finansiële onderrig aan werkgewersgroepe regoor die land te bied. Hierdie inisiatief rus nie net Namibiërs toe met die nodige kennis en vaardighede om hul finansies doeltreffend te bestuur nie, maar bied ook toegevoegde waarde aan beide werknemers…
23 Apr 9AM 1 min