Staatsamptenare se 5% verhoging kos regering N$1,7 miljard

--:--
Staatsamptenare se 5 persent verhoging, soos ooreengekom verlede jaar, is pas deur die finansminister Ipumbu Shiimi aangekondig. Dit kos die staat ‘n ekstra 1,7 miljard Namibiese dollar. Die verhoging is geldig vanaf 1 April vanjaar.
28 Feb 8AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Shapwa verloor derde poging om tender te bekom

Sakeman Shapwa Kanyama het misluk met sy derde poging in die hof om mededingers te keer om antiretrovirale medikasie aan die gesondheid ministerie te verskaf. Die saak was teen die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië, die gesondheidminister, die finansminister en mededingers in ’n tender vir die verskaffing van die medikasie. Reaksie…
21 Apr 4AM 1 min

Standardisering van metings duur voort

Die Namibiese Standaarde-instelling, NSI, is besig met inligtingvergaderings met sleutel-belanghebbendes oor die belangrikheid van die Metrologiewet van 2022. Die wet is gemoeid met metings en hul invloed op ekonomiese transaksies, menslike gesondheid en die omgewing. Omaheke-goewerneur Pijoo Nganate het tydens 'n inligtingsgeleentheid in Gobabis daarop gewys dat metings en hul…
21 Apr 3AM 1 min

Laaste 5 jaar vir opbou in SA gebruik - Cyril

President Cyril Ramaphosa sê die afgelope vyf jaar was toegespits op die heropbou van Suid-Afrika. Hy het stemme gewerf in eThekwini, KwaZulu-Natal, en gesê die regering het die grondslag gelê vir groei, wat infrastruktuur en werkskepping insluit. Ramaphosa beklemtoon die aanspoor van beleggersvertroue en spreek vertroue uit in voortgesette regering…
21 Apr 2AM 1 min

Oshikuku neem stappe vir goedkope behuising

Die Oshikuku-dorpsraad het sy verbintenis tot die verskaffing van bekostigbare behuising vir ultra-lae en lae-inkomste inwoners herbevestig. Julia Endjambi, burgemeester van Oshikuku, sê die raad se onlangse toekenning van 23 erwe aan lede van die Shack Dwellers Association is 'n beduidende stap vorentoe in die voortdurende pogings om te verseker…
21 Apr 2AM 1 min

SAL se Dudu is siek, korrupsie-saak uitgestel

Die landdroshof in Richardsbaai het die voormalige Suid-Afrikaanse Lugdiens-raadsvoorsitter, Dudu Myeni, se korrupsieverhoor tot 10 Mei uitgestel vir oorplasing na die hoëhof in Johannesburg. Die woordvoerder van die Ondersoek-direktoraat, Henry Mamothame, gee Myeni se hospitalisasie as rede aan. Sy en haar medebeskuldigde, Trevor Mathenjwa, staan tereg op aanklagte wat verband…
21 Apr 12AM 1 min