Shiimi ken groot geld toe aan spoorlyne

--:--
Finansminister Ipumbu Shiimi sê in sy begrotingsrede dit gaan beter met die ekonomie en dat die begroting in 'n beter ekonomiese omgewing bepaal is as in vorige jare. Shiimi sê 970 miljoen Namibiese dollar word aan onderwys gegee vir skool-infrastruktuur en 700 miljoen dollar is toegeken aan behuising onder die Nasionale Behuisingsbeleid. ‘n Welkome 2,5 miljard Namibiese dollar is ook toegewy aan spoorlyne in die land in die huidige finansiële jaar.
28 Feb 9AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Skerp kritiek uit SA oor Israel se deelname aan Spele

Olimpiese Spele: Die buurland se Departement van Sport, Kuns en Kultuur het die deelname van, wat hy beskryf as die volksmoordstaat van Israel, in Parys veroordeel. Die adjunkminister, Peace Mabe, sê hulle beskou Israel se deelname as totaal onmenslik, en 'n aanduiding van die geringskatting van die lewensverlies van duisende…
27 Jul 4AM 1 min

Cosatu verwelkom uitbreiding van SA se Agoa-lidmaatskap

Cosatu sê hy steun die uitbreiding van Suid-Afrika se lidmaatskap en die skep van 'n nuwe Agoa as 'n hupstoot vir die ontwikkeling van Afrika se ekonomie en werkskepping. Dit volg nadat die forum afgesluit is in Washington D.C. Die woordvoerder Zanele Sabela loof die handelsminister se pogings, met Agoa…
27 Jul 3AM 1 min

Hoekom het Sauma-lede nie gesê hulle vrae is onbeantwoord nie?

Reaksie word ontvang op die Stampriet Aquifer Uranium Mining Association, Sauma, wat glad nie oortuig is dat in-situ-loging van uraan in die akwifer by Stampriet veilig is nie. Twee Sauma-lede het die Dalur-myn verlede jaar besoek en sê hulle vrae is nie voldoende beantwoord nie en vrese is nie aangespreek…
27 Jul 1AM 1 min

Blitsbokke is gereed vir Frankryk vandag

Die tussentydse afrigter van die Suid-Afrikaanse sewes, Philip Snyman, sê die span is slaggereed vir die halfeindstryd vandag teen Frankryk in die Stade de France. Snyman wys op die inspirasie van die Wêreldbeker-oorwinning van die Springbokke op dieselfde veld. Sleutelspelers soos Cheslin Kolbe, Kwagga Smith en Kurt-Lee Arendse sal die…
27 Jul 1AM 1 min

Masomela beloof ondersoek na Libiërs by Witrivier gevind is

Die Nasionale Kommissaris van Polisie, Fannie Masemola, beloof ‘n deeglike ondersoek na moontlike onwettige militêre opleiding nadat 95 Libiërs op ‘n plaas by Witrivier in Mpumalanga in hegtenis geneem is. Die plaas is na berig word ‘n sekerheidsopleidingsterrein en word ondersoek vir moontlik ongemagtigde militêre aktiwiteite. Die woordvoerder van die…
27 Jul 12AM 1 min