Betaal van nou af eers belasting bo N$100 000
--:--
Die drempel vir inkomstebelasting op individue is verhoog vanaf die huidige 50 000 Namibiese dollar tot 100 000 dollar. Die finansminister Ipumbu Shiimi sê alle individuele belastingbetalers sal vanaf 1 Maart vanjaar vrygestel word van die betaling van belasting op die eerste 100 000 dollar van hul inkomste.