![](https://static.iono.fm/files/p1207/logo_4442_20200124_111132_600.jpg)
Oumens-pensioen, ongeskiktheidstoelae styg
--:--
Die finansminister Ipumbu Shiimi het in sy begrotingsrede aangekondig die oumens-pensioen en ongeskiktheid-toelae styg na 1 600 Namibiese dollar vanaf 1 April vanjaar. Die toelae was op 1 400 dollar. Die lede van die Nasionale Vergadering was nie met Shiimi beïndruk nie, veral na wyle president Hage Geingob se Oujaarsbeloftes.