Kry 60% afslag by Namibia Wildlife Resorts se lodges!

--:--
Namibia Wildlife Resorts het sy sogenaamde Independence Special aangekondig, wat Namibiërs aanmoedig om die skoonheid van hul eie land te ontdek deur groot afslag op verblyf by al sy fasiliteite te bied. Veral gesien in die huidige moeilike ekonomiese tye, sal reis meer toeganklik en bekostigbaar vir Namibiërs wees. Vanaf 1 Maart sal oornagpryse by alle lodges onder die organisasie se bestuur 60 persent goedkoper wees, wat dit makliker maak vir inwoners om die diverse landskappe en unieke natuurlewe wat Namibië bied, te ervaar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Nelson Ashipala, Namibia Wildlife Resorts se woordvoerder, wat meer inligting verskaf.
28 Feb 10AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Skryf nou in vir die Bergfiets vs Resiesduif wedren!

Registrasies is oop vir die opwindende Bergfiets vs Resiesduif wedren-stryd by die Intelligence Support Against Poaching kamp in Okahandja, wat van 14 tot 16 Junie plaasvind. Registrasie is 2 000 Namibiese dollar vir 'n span en 350 dollar vir besoekers. Die duiwe sal vanaf die ISAP-fasiliteit tot by Rehoboth vlieg,…
23 Apr 10AM 1 min

#BeFree Youth bevorder gesonde bande tussen mans

Die #BeFree Youth onder die kantoor van die vorige presidentsvrou, Monica Geingos, bied 'n geleentheid aan om bewustheid oor gesonde manlike bande te kweek, deur middel van paneelbesprekings. Deur hierdie aktiwiteite poog hulle om dialoog en samewerking tussen deelnemers aan te moedig. Hierdie dialoog poog om mans te bemagtig om…
23 Apr 10AM 1 min

Venaani skiet nuwe hervestigingsbeleid af

Die Kabinet het 'n hersiene nasionale hervestigingsbeleid goedgekeur wat van 2023 tot 2033 geldig is. Die nuwe beleid het drie verskillende hervestigingsmodelle, naamlik die hoë-waarde, medium-waarde en lae-waarde ekonomiese modelle. Dit sluit ook 'n vrye besit-bepaling in, waarvolgens begunstigdes hul toegekende plase van die regering kan koop. Die beleid word…
23 Apr 10AM 1 min

NDTC had moeilike jaar: Brent Eiseb

Die uitvoerende hoof van die Namibia Diamond Trading Company, Brent Eiseb, het die 2023-boekjaar beskryf as uitdagend en moeilik. Van die faktore wat bygedra het tot die wisselvallige mark, volgens Eiseb, was swak verbruikersvraag, veral van die Chinese mark. Ten spyte van markuitdagings het die firma 'n sterk verkoopsprestasie in…
23 Apr 10AM 1 min

Trustco brei beleggingsvoetspoor uit

Trustco Group Holdings het aangekondig hy het 'n bykomende belang van 11,35 persent in Legal Shield Holdings van Riskowitz Value Fund verkry, vir 468 miljoen Namibiese dollar. Dit sal Trustco se belang in Legal Shield tot 91,35 persent verhoog. Die transaksie versterk Trustco se beleggingsvoetspoor in die plaaslike versekerings- en…
23 Apr 10AM 1 min