Verkiesingskommissie wil verkiesing-werksonderhoude hou

--:--
Die Verkiesingskommissie van Namibië sal 'n algemene registrasie van kiesers onderneem vir die presidensiële en Nasionale Vergadering verkiesings wat vir later in die jaar geskeduleer is. Die kommissie het bevoegde werklose persone genooi om aansoek te doen vir tydelike poste as toesighouers van registrasie- of ander beamptes. Die kommissie wil kandidate op die kortlys inlig om onderhoude by te woon. Kosmos 94.1 Nuus het met De Wet Siluka, die kommissie se woordvoerder, gepraat wat verduidelik.
28 Feb 11AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Hoekom het Sauma-lede nie gesê hulle vrae is onbeantwoord nie?

Reaksie word ontvang op die Stampriet Aquifer Uranium Mining Association, Sauma, wat glad nie oortuig is dat in-situ-loging van uraan in die akwifer by Stampriet veilig is nie. Twee Sauma-lede het die Dalur-myn verlede jaar besoek en sê hulle vrae is nie voldoende beantwoord nie en vrese is nie aangespreek…
27 Jul 1AM 1 min

Blitsbokke is gereed vir Frankryk vandag

Die tussentydse afrigter van die Suid-Afrikaanse sewes, Philip Snyman, sê die span is slaggereed vir die halfeindstryd vandag teen Frankryk in die Stade de France. Snyman wys op die inspirasie van die Wêreldbeker-oorwinning van die Springbokke op dieselfde veld. Sleutelspelers soos Cheslin Kolbe, Kwagga Smith en Kurt-Lee Arendse sal die…
27 Jul 1AM 1 min

Masomela beloof ondersoek na Libiërs by Witrivier gevind is

Die Nasionale Kommissaris van Polisie, Fannie Masemola, beloof ‘n deeglike ondersoek na moontlike onwettige militêre opleiding nadat 95 Libiërs op ‘n plaas by Witrivier in Mpumalanga in hegtenis geneem is. Die plaas is na berig word ‘n sekerheidsopleidingsterrein en word ondersoek vir moontlik ongemagtigde militêre aktiwiteite. Die woordvoerder van die…
27 Jul 12AM 1 min

Baie geweld, drank en dwelms op Copps 94.1

Van familie-gevegte tot dronk polisielede en bendegeweld, die Copps 94.1-span het ‘n besige Vrydagaand in die hoofstad gehad. Oudergewoonte was Francois Lottering aan diens en hy doen verslag.
26 Jul 11PM 1 min

Action Society verwelkom hersiening van Van der Westhuizen parool

Action Society verwelkom die besluit van die Departement van Korrektiewe Dinste om die parool te hersien van die voormalige polisie-offisier Marius van der Westhuizen, wat in 2006 sy drie kinders vermoor het in Brackenfell, Kaapstad. Hy het net 13 jaar van sy vonnis van 24-jaar uitgedien. Van der Westhuizen se…
26 Jul 11PM 1 min