Ep. 4 - Twee kante van 'n kerkdeur

--:--
Jenny en Cathy woon in Paarl-Oos. Hulle het besluit om die kerk na "die mense" toe te vat, en nie net te wag dat die mense kerk toe kom nie. Hulle help ons om 'n besondere dimensie van kerk-wees, prakties te sien uitspeel. Hulle vertel as te ware hoe ons kan kerk wees aan die buitekant van die kerkdeur.

Maar 'n kerkdeur het mos twee kante?

Aan die einde van die episode, deel ds. Leon Tait ook sy gevoel oor die binnekant van die kerkdeur en waarom dit belangrik is dat ons tog ook Sondae by mekaar kom en "na binne gerig" ook moet kerk wees.
5 Mar 2024 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Ep. 21 - Om gemeente te wees: Francois en Enel Lambrechts van Knysna Kerk

Op ons storietoer deur die Suid-Kaap het ons in Knysna gaan kuier by Francois en Enel Lambrechts, ‘n leraarspaar wat passievol betrokke is by hul gemeente en gemeenskap. Wat aanvanklik net ‘n video oor hul kankerbediening sou wees, het vinnig uitgebrei na nog iets - ‘n eerlike refleksie oor diversiteit,…
26 Feb 22 min

Ep. 20 - Kerkbode Kollig word een jaar oud

Kerkbode se podcast, Kollig, word op 19 Februarie ’n jaar oud. ’n Jaar gelede het die Kaapkerk-span saam met Kerkbode begin om ons kommunikasie-mediums uit te brei met ’n podcast. Dit was ’n jaar waarin baie lesse geleer is, ondervinding opgedoen is, en aangrypende stories gedeel is. Ek het met…
19 Feb 40 min

Ep. 19 - Twee ma's help ander met geloofsgroei

Corli en Mariëtte van MaWees kuier in die Kaapkerk-ateljee en deel inspirerende insigte oor hoe hulle ander ma’s ondersteun in hul geloofsreis. Hulle beskryf hulself nie as “professionele ma’s” nie, maar eerder as vroue wat elke dag saam met die Here stap, luister en leer om te word wie Hy…
13 Jan 16 min

Ep. 18 - Msinga se stof bly op my skoene

'n Groep predikante en leiers vanuit die Wes-Kaap het onlangs die Msinga-gebied in KwaZulu-Natal besoek en deelgeneem aan verskeie bedieningsaktiwiteite by gemeentes. Die groep bestaan uit DJ Muller en Daniel De Wet (beide van Kaapkerk), Nati Stander (George-Bergsig), Albert Myburgh en Mizelle Prinsloo (beide van Durbanville-Bergsig). In hierdie episode gesels…
17 Sep 2024 18 min

Ep. 17 - Klein, maar getrou: Die kerk in Japan

In hierdie episode gesels ons oor die werk van Missie Japan, ’n vennootskap tussen die NG Kerk in Suid-Afrika en die Gereformeerde Kerk in Japan. Ons gesels met Stéphan van der Watt, ’n sendeling wat al meer as 15 jaar in Japan werk, en Yoshitsugu Ohnishi, ’n Japannese pastoor en…
27 Aug 2024 16 min