Episode 4: Op reis met God

--:--
Dr Tom Smith van Fontainebleau Gemeenskapskerk in Randburg neem op 1 April oor by dr Andre Bartlett as hoof van Excelsus, die NG Kerk se Sentrum vir Voortgesette Bedieningsontwikkeling in Pretoria. Hy het met Kerkbode Kollig gesels oor sy eie jarelange geloofsavontuurreis asook waarna hy uitsien in sy nuwe pos en hy het so bietjie vertel oor sy nuwe boek, Vind God in die gewone. Ons maak ook ’n draai in Knysna by ds Enel Lamprecht wat vertel hoe jongmense besig is om die gesig van hulle gemeente te verander. En dan hoor ons van ’n ongelooflike dapper kankervegtertjie in die Strand wat duisende mense met haar getuienis geïnspireer het.
9 Mar 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 39 | Hoe praat ons oor slagofferskap?

Hoekom hoor ’n mens by soveel wit Afrikaanse mense dat hulle ’n gevoel van slagofferskap ervaar? En hoe praat ons hieroor? In ’n tyd wat vele komplekse gesprekke oor hierdie tema in ons land gevoer word, nooi Heléne Meissenheimer twee NG predikante in vir ’n gesprek in dié aflewering van…
7 Mar 41 min

Episode 38 | Polarisasie, Trump en openbare getuienis

Polarisasie oor onlangse wêreldgebeure en die openbare getuienis van die NG Kerk is van die onderwerpe wat hanteer word tydens hierdie onderhoudende paneelgesprek. Ds Jan Lubbe en nog twee gaste, die historikus dr Lindie Koorts en ds Anandie Greyling, voorsitter van ’n kerklike taakspan met die naam “Miga 6:8 –…
21 Feb 42 min

Episode 36 | ‘Ons is verslaaf aan besig wees’ - Ronell Bezuidenhout

Agt jaar terug het die skrywer dr Ronell Bezuidenhout die besige lewe van ’n stadspredikant agtergelaat. Met demissiestatus onder die arm het sy na haar ouers op Groot Brakrivier se strandhuis gekom vir wat sy gehoop het is ’n sabbatsjaar. Een met tyd vir skryf en skilder. Toe verloop dinge…
24 Jan 25 min