
Episode 5: God se hart vir weerloses
--:--
Dinsdag 19 Maart is internasionale Maatskaplike Werkerdag. Regoor die land is baie maatskaplike hulporganisasies wat uit die kerk ontstaan het. In hierdie episode van Kerkbode Kollig fokus ons op van hierdie organisasies in Gauteng wat nou saam met ander deur ‘n bestaanskrisis bedreig word omdat die provinisiale regering hulle subsidies drasties wil besnoei. Ds Yolandi Kok is ringvoorsitter vir diakonale dienste van die NG Kerk se Hoëveldsinode. Sy vertel meer hieroor en deel ook praktiese voorstelle oor maniere waarop gemeentes hulle plaaslike hulporganisasies kan wys hulle staan nie alleen nie. Ons het ook met dr Nioma Venter gesels oor die rol wat gemeentes kan speel om die regte mense om ’n tafel te kry wat die nood in hulle gemeenskap effektief kan aanspreek. Dan het die Weskaapse kerkleierskap onlangs vir twee dae in Wellington saamgekom en allerhande sake bespreek. KaapKerk se Ronelda Visser het met die voorsitter, ds Marinus Theron, gesels om meer te hoor.