Episode 9: 'Ek is nou genees van te gou opgee' - Red 'n plaas camino-stappers vertel

--:--
Kollig Episode 9: Wanneer geloof tekkies dra Kollig reis vandeesweek binneland toe. Karoo toe. DJ Muller van Kaapkerk se kommunikasiespan is saam. Hier op Victoria-Wes kry ons twee stories wat iets vertel van hoe geloof lyk wat hande en voete kry.
Die Red n Plaas naam is welbekend. Vanjaar se caminostap vir hierdie Noord- Kaapse inisiatief was in die omgewing van Victoria-Wes. Kobus en Zelda Groenewald van die Laeveld vertel hoe hulle dié veeldagstap ervaar het.
DJ Muller is ‘n dominee wat hou van stories vertel en mooi foto’s neem. Hy werk as inhoudskepper by Kaapkerk, die sinode van Wes-Kaapland se kommunikasiespan. Op Victoria-Wes het hy gesels met Lazarus Makwena wat hoof is van ‘n plaaslike NGO Genadeland. Tyd was min so hulle het sommer in Kerkstraat langs mekaar op die sypaadjie gaan sit.
14 Apr 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 39 | Hoe praat ons oor slagofferskap?

Hoekom hoor ’n mens by soveel wit Afrikaanse mense dat hulle ’n gevoel van slagofferskap ervaar? En hoe praat ons hieroor? In ’n tyd wat vele komplekse gesprekke oor hierdie tema in ons land gevoer word, nooi Heléne Meissenheimer twee NG predikante in vir ’n gesprek in dié aflewering van…
7 Mar 41 min

Episode 38 | Polarisasie, Trump en openbare getuienis

Polarisasie oor onlangse wêreldgebeure en die openbare getuienis van die NG Kerk is van die onderwerpe wat hanteer word tydens hierdie onderhoudende paneelgesprek. Ds Jan Lubbe en nog twee gaste, die historikus dr Lindie Koorts en ds Anandie Greyling, voorsitter van ’n kerklike taakspan met die naam “Miga 6:8 –…
21 Feb 42 min

Episode 36 | ‘Ons is verslaaf aan besig wees’ - Ronell Bezuidenhout

Agt jaar terug het die skrywer dr Ronell Bezuidenhout die besige lewe van ’n stadspredikant agtergelaat. Met demissiestatus onder die arm het sy na haar ouers op Groot Brakrivier se strandhuis gekom vir wat sy gehoop het is ’n sabbatsjaar. Een met tyd vir skryf en skilder. Toe verloop dinge…
24 Jan 25 min