Polisie op spoor van verdagtes wat juwelierswinkel in Nelspruit beroof

--:--
Die polisie is op soek na verdagtes wat na bewering Donderdagoggend 'n juwelierswinkel in Nelspruit beroof het. Twee verdagtes het glo die winkel bestorm, werknemers met vuurwapens gedreig en kontant geëis. Hulle het personeel beveel om die kluis oop te maak en het ook die werknemers van juweliersware, selfone en kontant beroof voor hulle van die toneel gevlug het. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, is geen arrestasies nog gemaak nie.
15 Apr Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Hi-Tech stel nuwe toepassing bekend

Frank Swanepoel en André Jacobs van Hi-Tech Sekuriteit vertel vir Sonop Ontbyt hoe hul splinternuwe toepassing jou sekuriteit kan bevorder.
13 May 14 min

Klapgeveg op pad na Mbombela

Bobby Krisch, oftewel Bobby The Punisher, vertel vir Neels oor die klapgevegte wat eersdaags in Mbombela plaasvind.
10 May 10 min

Pumas teen Kavaliers vanaand in Mbombela

Die Airlink Pumas en Kavalier Boland sê mekaar vanaand in Mbombela die stryd aan in die SA Beker. Die Pumas moes verlede week teen die Griekwas in Kimberley die knie buig, maar staan steeds ‘n goeie kans om teen hulle in die eindstryd te staan te kom. Dit is die…
10 May 9 min

Jong omroeper het groot liefde vir radio

Adriaan Gryvenstein het op 15 Oktober 2022 sy debuut as radioomroeper gemaak op 100.5FM. Op 16 jaar, vyf maande en 26 dae oud was hy een van die jongste omroepers nog in die land. Hy het onlangs sy 18de verjaarsdag gevier en kyk terug na die begin, sowel as wat…
10 May 12 min