Episode 10: Hoe moet lidmate ‘goedkoop versoening’ verstaan?

--:--
Is verhoudings tussen wit en bruin en swart Christene in die banke van kerke soos die NG Kerk en die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) 30 jaar ná apartheid aan ’t versterk en verdiep?

Is daar grondige versoening tussen rasse en op strukturele vlak binne die NG Kerk die soort “herstellende geregtigheid” waarvan teoloë praat?

In hierdie Kollig-episode berig ons vanuit Durban oor ’n onlangse interkerklike konferensie wat die VGK aangebied het en waar rolspelers onder meer eenheid met die NG Kerk op insiggewende wyse bespreek het.

Die vraag is: Werk gemeentes, in hierdie jaar wat die VGK sy 30ste bestaansjaar vier, aan kerkeenheid en is daar vooruitgang, stagnasie of terugval? Is daar hoegenaamd vordering as prof Leepo Modise verduidelik dat versoening sonder restitusie “goedkoop” is? En as ds Jan Lubbe toegee dat die NG Kerk tot ’n mate na “binne gedraai het” oor die afgelope paar jaar – ten koste van eenheid?

Die Kollig-aanbieder Heléne Meissenheimer nooi ook vandeesweek die joernalis en Kerkbode-redakteur Le Roux Schoeman in na die virtuele ateljee om sy indrukke van die interaksie tussen leiers van die NG en VG Kerke te hoor.
21 Apr 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 39 | Hoe praat ons oor slagofferskap?

Hoekom hoor ’n mens by soveel wit Afrikaanse mense dat hulle ’n gevoel van slagofferskap ervaar? En hoe praat ons hieroor? In ’n tyd wat vele komplekse gesprekke oor hierdie tema in ons land gevoer word, nooi Heléne Meissenheimer twee NG predikante in vir ’n gesprek in dié aflewering van…
7 Mar 41 min

Episode 38 | Polarisasie, Trump en openbare getuienis

Polarisasie oor onlangse wêreldgebeure en die openbare getuienis van die NG Kerk is van die onderwerpe wat hanteer word tydens hierdie onderhoudende paneelgesprek. Ds Jan Lubbe en nog twee gaste, die historikus dr Lindie Koorts en ds Anandie Greyling, voorsitter van ’n kerklike taakspan met die naam “Miga 6:8 –…
21 Feb 42 min

Episode 36 | ‘Ons is verslaaf aan besig wees’ - Ronell Bezuidenhout

Agt jaar terug het die skrywer dr Ronell Bezuidenhout die besige lewe van ’n stadspredikant agtergelaat. Met demissiestatus onder die arm het sy na haar ouers op Groot Brakrivier se strandhuis gekom vir wat sy gehoop het is ’n sabbatsjaar. Een met tyd vir skryf en skilder. Toe verloop dinge…
24 Jan 25 min