Laaste 5 jaar vir opbou in SA gebruik - Cyril

--:--
President Cyril Ramaphosa sê die afgelope vyf jaar was toegespits op die heropbou van Suid-Afrika. Hy het stemme gewerf in eThekwini, KwaZulu-Natal, en gesê die regering het die grondslag gelê vir groei, wat infrastruktuur en werkskepping insluit. Ramaphosa beklemtoon die aanspoor van beleggersvertroue en spreek vertroue uit in voortgesette regering deur die ANC:
21 Apr 2AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Masomela beloof ondersoek na Libiërs by Witrivier gevind is

Die Nasionale Kommissaris van Polisie, Fannie Masemola, beloof ‘n deeglike ondersoek na moontlike onwettige militêre opleiding nadat 95 Libiërs op ‘n plaas by Witrivier in Mpumalanga in hegtenis geneem is. Die plaas is na berig word ‘n sekerheidsopleidingsterrein en word ondersoek vir moontlik ongemagtigde militêre aktiwiteite. Die woordvoerder van die…
27 Jul 12AM 1 min

Baie geweld, drank en dwelms op Copps 94.1

Van familie-gevegte tot dronk polisielede en bendegeweld, die Copps 94.1-span het ‘n besige Vrydagaand in die hoofstad gehad. Oudergewoonte was Francois Lottering aan diens en hy doen verslag.
26 Jul 11PM 1 min

Action Society verwelkom hersiening van Van der Westhuizen parool

Action Society verwelkom die besluit van die Departement van Korrektiewe Dinste om die parool te hersien van die voormalige polisie-offisier Marius van der Westhuizen, wat in 2006 sy drie kinders vermoor het in Brackenfell, Kaapstad. Hy het net 13 jaar van sy vonnis van 24-jaar uitgedien. Van der Westhuizen se…
26 Jul 11PM 1 min

Organiese landbouproduksie kry plaaslik aandag

Twee organisasies het saamgespan om die Kennissentrum vir Organiese Landbou en Landbou-ekologie in Suidelike Afrika-projek te implementeer. Die projek, deur die Namibië Natuurstigting en die Namibiese Organiese Vereniging, het ten doel om die aanneem van organiese boerderypraktyke in Suider-Afrika op te skaal. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Vera Corry,…
26 Jul 11AM 1 min

Kaapse parlementsgebou sal in tyd voltooi wees - Phiri

Die Toesigkomitee van Openbare Werke en Infrastruktuur in die buurland beloof ‘n praktiese benadering tot die herbou van die Parlement. Die voorsitter, Carol Phiri, het na ‘n besigtiging van die verwoeste Nasionale Vergadering gesê die herbouprojek, wat vanjaar begin het, is op koers en moet teen Mei 2026 afgehandel wees…
26 Jul 11AM 1 min