#BeFree Youth bevorder gesonde bande tussen mans

--:--
Die #BeFree Youth onder die kantoor van die vorige presidentsvrou, Monica Geingos, bied 'n geleentheid aan om bewustheid oor gesonde manlike bande te kweek, deur middel van paneelbesprekings. Deur hierdie aktiwiteite poog hulle om dialoog en samewerking tussen deelnemers aan te moedig. Hierdie dialoog poog om mans te bemagtig om te pleit vir 'n veiliger en meer ondersteunende omgewing vir almal. Kosmos 94.1 Nuus het met Kaarina Itah, die hoof van programme by One Economy Foundation, gesels wat meer oor die geleentheid verduidelik.
23 Apr 10AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Sperdatum vir pensioenarisse se skuldverligting-program naby

Die Stad Windhoek herinner alle pensioenarisse daaraan dat die sperdatum vir registrasie vir hulle skuldverligting-program op Vrydag, 31 Mei is. Indien pensioenarisse nog nie geregistreer het nie, kan hulle dit gedurende kantoorure doen by die Katutura Kliëntesorgsentrum, oorkant Katutura Shoprite. Hulle moet die nodige dokumentasie saambring, soos identifikasie en bewys…
27 May 11AM 1 min

SA bevestig tweede a-pokke geval

Suid-Afrika het die tweede laboratoriumbevestigde geval van a-pokke aangeteken. Die aansteeklike siekte word deur die a-pokvirus veroorsaak en kan lei tot 'n pynlike of jeukerige uitslag met puisies of blasies. Die woordvoerder van die Gesondheidsdepartement, Foster Mohale, sê die nuwe pasiënt is 'n 39-jarige man wat in die Addington-hospitaal in…
27 May 11AM 1 min

Eagles skud vere reg vir IKR T20 Wêreldbeker

Die IKR T20 Wêreldbeker in die Wes-Indiese Eilande en Amerika skop Sondag af en die spanning laai op. Namibië se groep van 16 spelers is reeds in die Wes-Indiese Eilande, waar hulle drie van hulle vier opwarm-wedstryde gewen het. Die Eagles is in Groep B saam met Australië, Engeland, Oman…
27 May 10AM 1 min

Entstof vir koedoe-hondsdolheid toon belofte, maar onbeskikbaar

Hondsdolheid het sedert die 1970's duisende koedoes in Namibië doodgemaak, maar jare se navorsing oor metodes om die dikwels verwoestende uitbrekings te bekamp, het nou positiewe resultate opgelewer. In die mees onlangse studie wat deur Unam onderneem is, is meetbare teenliggaampies vir die eerste keer geïdentifiseer in 'n herkouer wat…
27 May 10AM 1 min

Brandstofprys-komitee sit môre

Ten spyte van onlangse rand-swakheid, bly die brandstofprysvooruitsigte vir Junie positief met aansienlike verlagings in alle brandstof waarskynlik. Die Automobielvereniging sê laer internasionale oliepryse is die rede agter die voorspelde dalings. In Mei het Namibiese Petrol 'n skerp styging van 70 sent per liter gesien, terwyl dieselvariante met 40 sent…
27 May 10AM 1 min