Episode 11: 'n Verhaal van omkeer uit die Paarl

--:--
Aletia Grundling vertel die verhaal van hoe sy en vroue soos Cathy Ross en Jenny Arendse met liefde en omgee vir bendekinders ‘n drama-en skryfskool kon begin. Sy is die hoof van Monte Christo Miqlat of MCM, ‘n NGO wat deur hulle veeldoelige sentrum al vir jare ‘n veilige tuiste bied vir voorskoolse klasse en ‘n naskool.

Luister ook na die volledige onderhoud met Aletia Grundling op Klank Kompas: Ek en my mense.

Die verhaal van hierdie drama- en skryfskool en die heling wat dit binne hierdie arm gemeenskap in Paarl-Oos gebring het is ook vervat as een van 12 gevallestudies in ‘n nuwe boek, Caribuntu: Social innovation in South Africa waarvan die sosiale innovasie-navorser, prof Erwin Schwella, die redakteur is.
28 Apr 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 39 | Hoe praat ons oor slagofferskap?

Hoekom hoor ’n mens by soveel wit Afrikaanse mense dat hulle ’n gevoel van slagofferskap ervaar? En hoe praat ons hieroor? In ’n tyd wat vele komplekse gesprekke oor hierdie tema in ons land gevoer word, nooi Heléne Meissenheimer twee NG predikante in vir ’n gesprek in dié aflewering van…
7 Mar 41 min

Episode 38 | Polarisasie, Trump en openbare getuienis

Polarisasie oor onlangse wêreldgebeure en die openbare getuienis van die NG Kerk is van die onderwerpe wat hanteer word tydens hierdie onderhoudende paneelgesprek. Ds Jan Lubbe en nog twee gaste, die historikus dr Lindie Koorts en ds Anandie Greyling, voorsitter van ’n kerklike taakspan met die naam “Miga 6:8 –…
21 Feb 42 min

Episode 36 | ‘Ons is verslaaf aan besig wees’ - Ronell Bezuidenhout

Agt jaar terug het die skrywer dr Ronell Bezuidenhout die besige lewe van ’n stadspredikant agtergelaat. Met demissiestatus onder die arm het sy na haar ouers op Groot Brakrivier se strandhuis gekom vir wat sy gehoop het is ’n sabbatsjaar. Een met tyd vir skryf en skilder. Toe verloop dinge…
24 Jan 25 min