Visriviercanyon het genoeg water vir stapseisoen

--:--
Die toerisme-ministerie, in samewerking met Namibia Wildlife Resorts, het aangekondig dat 'n deeglike evaluering van waterbronne in Visriviercanyon gedoen is, en daar is genoeg water beskikbaar vir die komende stapseisoen. Die stapseisoen begin op 1 Mei. Dit kom na 4,36 miljoen kubieke meter water uit die Neckartaldam vrygelaat is in die tweede week van April. Kosmos 94.1 Nuus het met Nelson Ashipala, NWR-woordvoerder, gepraat wat meer inligting gee.
26 Apr 10AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Namport se vraghantering vertoon weer beter

Namport het 'n rekord 8 miljoen ton vrag gedurende die 2023-2024 finansiële jaar hanteer. Dit is 4 persent meer as die 7,7 miljoen ton vrag wat in die vorige boekjaar gehanteer is. Die groot bydraer was die uitvoer van goedere. Onder hierdie het grootmaat soutvrag met 10 persent gegroei, koperkonsentraat…
14 May 7AM 1 min

SA-eiendomsmark vertoon beter maar styging is klein

Nuwe huisleningaktiwiteit in Suid-Afrika het hierdie jaar effens beter begin met April wat voortbou op die stewige verbetering wat van Januarie tot Maart aangeteken is. Dit is volgens BetterBond se jongste aanwyser wat aansoeke vir huislenings betref. Die tussentydse hoof, Bradd Bendall, sê daar is ʼn mate van veerkragtigheid in…
14 May 7AM 1 min

Namibië goed verteenwoordig by Indaba in Durban

Die Africa Travel Indaba vind die week in Durban plaas en duur tot Donderdag. Die handelskou word bygewoon deur byna 10 000 afgevaardigdes van 25 lande, het dien as 'n platform vir Afrika-toerisme-aanbiedings. Kosmos 94.1 Nuus het met Gitta Paetzold, van die Namibiese Gasvryheidsvereniging gesels. Namibië is baie goed verteenwoordig.
14 May 7AM 1 min

Iran-raffinadery: Maak nogal jaloers maar, hoe gaan ooreenkoms lyk?

Reaksie op Iran se ooreenkoms dat hy 'n oliebergingsfasiliteit in Namibië gaan vestig asook 'n olieraffinadery by Walvisbaai, stroom nog steeds in. Menings wissel van absolute afkeer tot groot opgewondenheid oor wat dit vir die streek sal beteken. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper, gesels…
14 May 6AM 1 min