Brandstofpryse styg weer in Mei

--:--
Die ministerie van myne en energie het aangekondig dat die brandstofpryse weer gaan styg in Mei. Dit kom op die hakke van 'n groot verhoging in April. Petrol styg met 70 sent 'n liter en beide variante van diesel met 40 sent 'n liter. Dit tree op Donderdag, 2 Mei in werking. In Walvisbaai sal die petrolprys dan 23 Namibiese dollar per liter wees, 22 dollar 17 sent per liter vir diesel 50 dpm en 22 dollar 37 sent vir diesel 10 dpm per liter. Die ministerie se petroleum-ekonoom Salome Ngoshi verduidelik wat die verhoging genoodsaak het.
27 Apr 12AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Noodoproep lei na gru-vonds in Pretoria-gebou

Twee ontbinde liggame is in die kelderverdieping van 'n gebou op die hoek van Bosman- en Pretoriusstraat in Pretoria ontdek. Tshwane-nooddienste het aanvanklik op 'n noodoproep gereageer en 'n beseerde man gevind wat deur 'n hysbak geval het. Toe hulle hom gered het, het hulle die liggame, wat in water…
14 May 12PM 1 min

Scottie Scheffler speel eerste major sedert hy pa geword het

Gholf: Die wêreld nommer een, Scottie Scheffler, begin die derde major van die seisoen as ‘n splinternuwe pa. Volgens die 27-jarige Amerikaner is hy so voorbereid as wat hy kan wees vir dié week se Amerikaanse PGA-kampioenskap, nadat hy en sy vrou hulle eersteling verwelkom het. Die tweemalige wenner van…
14 May 12PM 1 min

NWR vestig meer waterpunte in Visrivier-canyon

Namibia Wildlife Resorts sê hy het bykomende waterpunte in die droë Visrivier-canyon opgestel vir stappers om dehidrasie te vermy. Verskeie stappers moes reeds per helikopter ontruim word, en ander moes nooduitgange neem. Baie hoë temperature in die canyon van tot 40 grade Celsius of meer kan ernstige dehidrasie en gastro-intestinale…
14 May 11AM 1 min

76 000 oorsese kiesers gereed vir SA verkiesing

Die Verkiesingskommissie in die buurland bevestig dat sowat 76 000 oorsese kiesers hierdie naweek gaan stem. Die hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, het weens die hoё aantal kiesers twee stemdae aangekondig vir die Verenigde Koninkryk, op 18 en 19 Mei. Honderd-en-elf lande sal deelneem en het die nodige stemmateriaal ontvang. Mamabolo bevestig…
14 May 11AM 1 min

Die Rough and Tough-tydren is hier!

Uiteindelik het die Rough and Tough-tydren aangebreek! Dit vind hierdie naweek van 16 tot 19 Mei plaas en beloof om weer 'n prettige, enjin-aanjaag, kampvuur-storievertel geleentheid te wees. Die tydren is 'n Namibiese veldren-avontuur met voertuie van 1990 en ouer, wat 'n afstand van byna 1 000 km aflê. Hierdie…
14 May 10AM 1 min