Handel-ministerie konsulteer met sakemense

--:--
Die handel-ministerie sal Maandag van 9-uur tot 1-uur hul beleids- en wetgewende verbintenisse met die sakegemeenskap van die Khomas- en Omaheke-streke by die ouditorium van die binnelandse sake-ministerie aanbied. Die deurslaggewende konsultasie met belanghebbendes sal op sleutelwetgewing fokus. Salom Katoole, die ministerie se hoof ekonomiese beampte, verduidelik.
27 Apr 3AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Noodoproep lei na gru-vonds in Pretoria-gebou

Twee ontbinde liggame is in die kelderverdieping van 'n gebou op die hoek van Bosman- en Pretoriusstraat in Pretoria ontdek. Tshwane-nooddienste het aanvanklik op 'n noodoproep gereageer en 'n beseerde man gevind wat deur 'n hysbak geval het. Toe hulle hom gered het, het hulle die liggame, wat in water…
14 May 12PM 1 min

Scottie Scheffler speel eerste major sedert hy pa geword het

Gholf: Die wêreld nommer een, Scottie Scheffler, begin die derde major van die seisoen as ‘n splinternuwe pa. Volgens die 27-jarige Amerikaner is hy so voorbereid as wat hy kan wees vir dié week se Amerikaanse PGA-kampioenskap, nadat hy en sy vrou hulle eersteling verwelkom het. Die tweemalige wenner van…
14 May 12PM 1 min

NWR vestig meer waterpunte in Visrivier-canyon

Namibia Wildlife Resorts sê hy het bykomende waterpunte in die droë Visrivier-canyon opgestel vir stappers om dehidrasie te vermy. Verskeie stappers moes reeds per helikopter ontruim word, en ander moes nooduitgange neem. Baie hoë temperature in die canyon van tot 40 grade Celsius of meer kan ernstige dehidrasie en gastro-intestinale…
14 May 11AM 1 min

76 000 oorsese kiesers gereed vir SA verkiesing

Die Verkiesingskommissie in die buurland bevestig dat sowat 76 000 oorsese kiesers hierdie naweek gaan stem. Die hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, het weens die hoё aantal kiesers twee stemdae aangekondig vir die Verenigde Koninkryk, op 18 en 19 Mei. Honderd-en-elf lande sal deelneem en het die nodige stemmateriaal ontvang. Mamabolo bevestig…
14 May 11AM 1 min

Die Rough and Tough-tydren is hier!

Uiteindelik het die Rough and Tough-tydren aangebreek! Dit vind hierdie naweek van 16 tot 19 Mei plaas en beloof om weer 'n prettige, enjin-aanjaag, kampvuur-storievertel geleentheid te wees. Die tydren is 'n Namibiese veldren-avontuur met voertuie van 1990 en ouer, wat 'n afstand van byna 1 000 km aflê. Hierdie…
14 May 10AM 1 min