NSRI red 22 vissermanne in Tafelbaai

--:--
Die Nasionale Seereddingsinstituut word geloof vir die redding van 22 Kaaptadse vissermanne in moeilike omstandighede verskeie kilometers van die kus af in die Tafelbaai-hawe-omgewing. NSRI Houtbaai en NSRI Tafelbaai se bemanning is vroeër die naweek op 'n gereedheidsgrondslag geplaas toe verneem is 'n langlynvistreiler begin water skep. Craig Lambinon van die NSRI sê die situasie het versleg namate seetoestande verander het.
28 Apr 2AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

George: Hoofkontrakteur nie geregistreer nie

Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Sihle Zikalala, sê die hoofkontrakteur van die ineengestorte George-gebou was nie by die Ontwikkelingsraad vir die Boubedryf geregistreer nie. Die raad reguleer die bedryf. Zikalala sê omdat Liatel Construction 'n privaat maatskappy is, hoef hy nie by die raad te registreer nie:
14 May 2AM 1 min

Mei-maand se groente-grenssluitings bekend

Die Namibiese Akkerbouraad het die sluiting van grense aangekondig vir ses groentesoorte dié maand, ondermeer beet, botterskorsies en spinasie. Die bestuurder van Tuinboukundige Markontwikkeling, Emilie Abrahams, verduidelik plaaslike verbouers moet beskerm word om die groei en volhoubaarheid van die landbousektor te beskerm. Sy sê die besluit stem ooreen met die…
14 May 2AM 1 min

Merc steeds besig met opgraderings

Mercedes sê hy bring die naweek nog opgraderings na die Emilia Romagna Grand Prix in Italië. As gevolg van vernietigende oorstromings wat die gebied verlede jaar getref het, was daar twee jaar gelede laas ʼn Formule Een-wedren in Imola. Mercedes se ingenieursdirekteur, Andrew Shovlin, sê hulle het die eerste helfte…
14 May 2AM 1 min

Daar’s genoeg soldate net buite Rafah vir inval

Amerika sê hy het vasgestel dat Israel genoeg soldate net buite Rafah in Gaza het om binnekort ʼn volskaalse inval te begin. Amptenare beraam dat ongeveer 500 000 mense uit die stad gevlug het nadat die Israelse weermag hulle verlede week gewaarsku het om te ontruim. Die Withuis se nasionale…
14 May 2AM 1 min

Skoolmeisies, sanitêre doekies en die verkiesing

Die debat oor die beskikbaarheid van sanitêre doekies en kondome in die land is een wat gereeld op sosiale media gevoer word. Volgens sommige menings moet sanitêre doekies eerder as kondome gratis beskikbaar wees. Kosmos 94.1 Nuus het gaan aanklop by Rosa Namises, 'n onafhanklike presidensiële kandidaat en maatskaplike werker,…
14 May 1AM 1 min