Vryheid slegs vir paar mense wat met ANC verbind word: Malema

--:--
Die president van die EFF, Julius Malema, sê daar was die afgelope 30 jaar vryheid vir slegs vir 'n paar individue - diegene wat met die regerende party verbind word. Malema het die party se Vryheidsdagvieringe in Meadowlands, Soweto, gelei. Hy sê baie mense ly steeds onder die ANC. Daar is nie vryheid vir miljoene mense wat van plase afgesit word, by die werk uitgebuit word en of werkloos is nie.
28 Apr 5AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Versekeringsbedryf kom onder die loep met Afrika-konferensie

Namibië sal versekeringsreguleerders van regoor Afrika verwelkom vir die 2024 internasionale vereniging van versekeringstoesighouers, of IAIS, se sub-Sahara-streekseminaar, wat van 27 tot 31 Mei in Windhoek gehou word. Die seminaar word gesamentlik georganiseer deur die Namibië Toesighoudende Owerheid oor Finansiële Instellings, Namfisa, die IAIS, die Access to Insurance Initiative asook…
14 May 4AM 1 min

George: Vinnige optrede nodig vir geregtigheid

Cosatu vra die regering om baie vinnig op te tree om geregtigheid te verseker vir die slagoffers, oorlewendes en families van die George-ramp waar die gebou ingetuimel het. Volgens die amptelike syfers is 32 werkers dood en word 20 nog vermis ná die intuimeling. Matthew Parks van Cosatu sê die…
14 May 4AM 1 min

Misdaad met beter aangespreek word - Lesufi

Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, sê die misdaadsituasie in die land vereis noodoptrede en die nodige hulpbronne daarvoor. Die premier het die familie van die vyfjarige Ditebogo Junior Phalane besoek wat verlede week Vrydag buite sy ouerhuis in Soshanguve doodgeskiet is. Lesufi sê moderne tegnologie, stelsels en innovasie is…
14 May 4AM 1 min

VN eis ondersoek na IDF personeellid dood

'n Lid van die Verenigde Nasies se Departement van Veiligheid en Sekuriteit is dood en nog een beseer toe hul voertuig onderweg na die Europese hospitaal in Rafah, Gaza, aangeval is. Israel se weermag sê luidens 'n aanvanklike ondersoek is die voertuig in 'n aktiewe gevegsgebied getref. Die VN se…
14 May 4AM 1 min

Groen-waterstof en olie sal nie werk vir die jeug skep nie

Met die verkiesing op hande kom die vraag op, wat is die verskillende politieke partye se standpunte oor dringende kwessies in die land? Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Imms Nashinge, die Independents Patriots for Change se woordvoerder, oor jeug-werkloosheid. Hy sê die land fokus te veel op geleenthede in…
14 May 3AM 1 min