Ewaldt Scholtz, projekorganiseerder van die ATKV, gesels oor die ATKV-Jeugleiersimposium. Kom hoor hoe die ATKV-Jeugleiersimposium daarop gemik is om nuutverkose graad 11-leerders toe te rus met die kennis, vaardighede en selfvertroue om betekenisvolle en verantwoordelike leiers binne hul skole, gemeenskappe en uiteindelik in die samelewing te wees.
September is testamente-maand. Meer as 70% van Suid-Afrikaners sterf sonder ’n geldige testament. Het jy al gewonder wat sal gebeur as jy nie ’n geldige testament het nie? Skakel op 13 September in op Kopskuif en kom luister na die raad en wenke wat Rupert Fourie, streeksbestuurder van Eksekuteurs vir…
Cornelie Quinn, die organisateur van die ATKV Applaus Projek. Hierdie ongelooflike kompetisie, wat die oudste skoolkoorkompetisie in Suid-Afrika is, het meer as 20,000 leerders van regoor die land en Namibië na die verhoog gebring. Cornelie deel die geskiedenis en die groei van die projek, wat hierdie jaar sy 48ste herdenking…
In hierdie week se Kopskuif gesels Mercia Eksteen met Nadine Fouché-Karsten, taalkundeskrywer en -navorser by die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA). Nadine deel praktiese riglyne oor hoe om taalnavrae te rig, verduidelik die waardevolle hulpmiddels wat VivA aan Afrikaansonderwysers bied, en gee ’n kykie in hulle werkswinkel oor kritiese taalbewustheid.
In hierdie episode van Kopskuif gesels Mercia Eksteen met Lizette van Huyssteen, stigter van die Practica Program, oor hoe kleuters van kleins af ’n natuurlike aanvoeling vir wiskunde kan ontwikkel. Ontdek hoe hierdie vaardigheid nie net leer help nie, maar ook die lewe later vergemaklik en nuwe deure oopmaak.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.