Ep. 10 - Noah's Ark in Uganda: 'n Tuiste vir honderde kinders

--:--
In die middel 90's word 'n klein kindjie in Uganda in 'n swartsak langs die pad opgetel deur Peter en sy vrou, Pita van Nederland. Die kindjie word toe groot in hul woonstel in Kampala. In 1999 stig hulle 'n organisasie, Noah's Ark, wat na sulke kinders omsien. John en Magda Frylinck is afgetrede besigheidsmense, wat deesdae hul roeping by Noah's Ark uitleef. Hulle vertel meer hiervan!

Noah's Ark: https://int.nacmu.org/
Kyk ook hierdie video oor Bernice wat gered word uit 'n swartsak: https://www.youtube.com/watch?v=L-drCrixttA
13 May 2024 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Ep. 21 - Om gemeente te wees: Francois en Enel Lambrechts van Knysna Kerk

Op ons storietoer deur die Suid-Kaap het ons in Knysna gaan kuier by Francois en Enel Lambrechts, ‘n leraarspaar wat passievol betrokke is by hul gemeente en gemeenskap. Wat aanvanklik net ‘n video oor hul kankerbediening sou wees, het vinnig uitgebrei na nog iets - ‘n eerlike refleksie oor diversiteit,…
26 Feb 22 min

Ep. 20 - Kerkbode Kollig word een jaar oud

Kerkbode se podcast, Kollig, word op 19 Februarie ’n jaar oud. ’n Jaar gelede het die Kaapkerk-span saam met Kerkbode begin om ons kommunikasie-mediums uit te brei met ’n podcast. Dit was ’n jaar waarin baie lesse geleer is, ondervinding opgedoen is, en aangrypende stories gedeel is. Ek het met…
19 Feb 40 min

Ep. 19 - Twee ma's help ander met geloofsgroei

Corli en Mariëtte van MaWees kuier in die Kaapkerk-ateljee en deel inspirerende insigte oor hoe hulle ander ma’s ondersteun in hul geloofsreis. Hulle beskryf hulself nie as “professionele ma’s” nie, maar eerder as vroue wat elke dag saam met die Here stap, luister en leer om te word wie Hy…
13 Jan 16 min

Ep. 18 - Msinga se stof bly op my skoene

'n Groep predikante en leiers vanuit die Wes-Kaap het onlangs die Msinga-gebied in KwaZulu-Natal besoek en deelgeneem aan verskeie bedieningsaktiwiteite by gemeentes. Die groep bestaan uit DJ Muller en Daniel De Wet (beide van Kaapkerk), Nati Stander (George-Bergsig), Albert Myburgh en Mizelle Prinsloo (beide van Durbanville-Bergsig). In hierdie episode gesels…
17 Sep 2024 18 min

Ep. 17 - Klein, maar getrou: Die kerk in Japan

In hierdie episode gesels ons oor die werk van Missie Japan, ’n vennootskap tussen die NG Kerk in Suid-Afrika en die Gereformeerde Kerk in Japan. Ons gesels met Stéphan van der Watt, ’n sendeling wat al meer as 15 jaar in Japan werk, en Yoshitsugu Ohnishi, ’n Japannese pastoor en…
27 Aug 2024 16 min