Sterre, Stemme en Solar Panele: ’n Kosmiese Komedie

--:--
Dis ʼn land van kleure en klank, dis ʼn land van oorvloed en dank … maar is dit nog ’n land waar almal nog strewe?

Die bevolking het hulle kruisies getrek… wel, sommige van hulle. ’n 58% opkoms van geregistreerde kiesers sê dalk meer van ons as swak burgers as wat dit sê van ons swak “luierskap”. Nietemin, die min van ons wat lus genoeg was om op te staan en die rye te gaan aandurf het gesorg vir interessante resultate.

Die ANC eet “humble cupcake”, Julius is stil in die stoute hoekie, die DA glimlag soos ’n onseker bruid en ons almal weet nou MK is nie net die ou musiek kanaal op DSTV nie… As jy deurmekaar en onseker is na die laaste week, ons is ook! Ons kon seker wend na die insigte van nog ‘n politieke ontleder, maar die KLETS span het besluit om eerder die insigte van ’n astroloog in te roep! Want ons haat vervelig.

Ons gesels met vername astroloog Catherine Laurent oor wat sy en die sterre en planete sien rondom koalisies, internasionale kwessies, beleggings en selfs loadshedding. Dit lyk of die sterre uiters hoopvol is. Moet nog nie jou huis op die mark sit en jou tassie pak nie! Maar daai Solar panele waaraan jy nog sit en dink was ook nie ’n kak idee nie!

Kontak Catherine Laurent per WhatsApp by 079 696 6740 as jy jou sterre wil lees… jy sal jou sterre dank as jy dit doen.
5 Jun 2024 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Kakkerlakke en ’n land vol Dialoog planne

In hierdie week se KLETS kyk ons na die Nasionale Dialoog – daai groot “kom ons gesels”-projek wat miljoene rande kos. Die DA rol hul 6-punt-plan uit om Suid-Afrika reg te ruk – ses fokusareas wat, volgens hulle, die land kan draai van chaos na iets wat lyk soos orde…
13 Aug 55 min

9 Augustus 2025 - 'n Ode aan Vroue

Vrouedag: Sy’t Onthou” 9 Augustus. Dis nie net ’n vakansiedag nie. Dis nie net “discount op blompotte by Checkers” nie. Dis nie net ’n WhatsApp-storie met pienk skrif en “Jy’s spesiaal, vriendin” nie. Dis ’n dag. ’n Ernstige dag. Met geskiedenis. Met backbone. 1956. Pretoria. Uniegebou. 20 000 vroue. Nie…
9 Aug 4 min

Van Pamela Anderson tot Plaasgeheime en 'n Ode aan Vroue

In hierdie week se KLETS is dit ’n storie van onthullings, vergange glorie, vrouens. Saai verklap waar News24 die akkers begrawe het. Die saadjie van die waarheid is geplant, nou wag ons vir iets om te groei… of bars. Pamela Anderson, voormalige “see babe" van die wêreld, is nou weer…
6 Aug 1 hr 01 min

Medisinale Sampioene: Weg met pille, hallo paddastoele!

In hierdie week se KLETS duik ons kop eerste in die wêreld van medisinale sampioene saam met Gerhard Pretorius van Kuja Wellness. Van Onkologie Blends tot Achiever Blends, van stres en angs tot bewustheid en persoonlike groei – hierdie gesprek is ’n allesomvattende inleiding tot die krag en magic van…
30 Jul 1 hr 11 min

Kiss cams, cronies en konstabels wat hyg

In hierdie week se KLETS ruk ons die kombers van realiteit af – en wat daaronder uitkruip is ’n mengsel van korrupsie, affairs en die laaste krummels van integriteit. Die Coldplay kiss cam het dit weer gewys: ’n man is ’n bok, en ’n bok is… wel, ’n bliksem. Maar…
23 Jul 59 min