Sondagoggend Erediens - Ds Bergh Muller

Loading player...
1 KONINGS 13

1kom daar 'n man van God uit Juda aan wat op bevel van die Here na Bet-El toe gekom het. Jerobeam het nog by die altaar gestaan om die offer aan te steek, 2toe die man van God op bevel van die Here teen die altaar uitroep: “Altaar, altaar, so sê die Here: Daar sal uit die nageslag van Dawid 'n seun gebore word met die naam Josia, en hier op jou sal hy die priesters van die hoogtes slag wat op jou offers bring, en hier op jou sal mensbene verbrand word!”
3Terselfdertyd het hy 'n wonderteken aangekondig: “Dit is die teken wat die Here gee: hierdie altaar sal uitmekaar ruk sodat die as wat daarop is, op die grond val.”
4Toe koning Jerobeam hoor wat die man van God uitroep teen die altaar van Bet-El, het hy daar van die altaar af sy hand uitgesteek en gesê: “Gryp hom!”
Maar die hand wat hy uitgesteek het, het styf geword, en hy kon hom nie weer terugtrek nie. 5Die altaar het uitmekaar geruk, en die as het afgeval. Dit was die wonderteken wat die man van God aangekondig het op bevel van die Here.
6Toe sê die koning vir die man van God: “Bid tog tot die Here jou God om genade vir my sodat my hand weer kan reg word.”
Nadat die man van God tot die Here gebid het om genade, het die hand van die koning herstel net soos dit tevore was.
7Daarop sê die koning vir die man van God: “Kom saam met my huis toe en kom eet iets sodat ek jou kan beloon.”
8Maar die man van God antwoord: “Al sou u my die helfte van u koninkryk aanbied, kan ek nie saam met u gaan nie. Ek kan in hierdie plek niks eet of selfs water drink nie, 9want dit was die Here se bevel aan my: Jy mag daar niks eet nie en jy mag daar nie water drink nie; en jy mag nie met dieselfde pad terugkom as dié waarmee jy gegaan het nie!”
10Hy het 'n ander pad gevat en nie met dieselfde pad teruggegaan as dié waarmee hy na Bet-El toe gekom het nie.
11In Bet-El het daar 'n óú profeet gewoon. Sy seuns het hom kom vertel wat die man van God alles dié dag in Bet-El gedoen het. Ook wat hy vir die koning gesê het, het hulle vir hulle pa kom oorvertel.
12Hy vra hulle toe: “Met watter pad het hy teruggegaan?” want hulle het gesien watter pad die man van God wat van Juda af gekom het, gevat het.
13Hy sê toe vir sy seuns: “Saal vir my 'n donkie op.”
Nadat hulle dit gedoen het, is hy met die donkie daar weg 14agter die man van God aan. Toe die óú profeet die man van God kry waar hy onder 'n groot boom sit, sê hy vir hom: “Is jy die man van God wat van Juda af kom?”
9 Jun 2024 3AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Dinsdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

1 KONINGS 19 Elia vlug vir Isebel 1Agab het vir Isebel vertel wat Elia alles gedoen het, ook dat hy al die profete om die lewe gebring het. 2Toe het Isebel 'n boodskapper na Elia toe gestuur om vir hom te sê: “Mag die gode my om die lewe bring…
18 Aug 2AM 11 min

Maandag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

1 TESSALONISENSE 5 23Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom! 2 KORINTIËRS 4 'n Skat in kleipotte 7Ons wat hierdie skat in…
17 Aug 2AM 11 min

Sondagaand Eredienste - Ds Zak Scholtz

JOHANNES 20 Die leë graf (Matt. 28:1-8; Mark. 16:1-8; Luk. 24:1-12) 1Die Sondagmôre vroeg, toe dit nog donker was, kom Maria Magdalena by die graf en sien dat die klip van die graf af weggerol is. 2Sy hardloop toe en gaan na Simon Petrus en na die ander dissipel toe…
16 Aug 1PM 21 min

Sondagoggend Eredienste - Ds Zak Scholtz

FILEMON 1 Paulus pleit vir Onesimus 8Daarom, al het ek in Christus die volste reg om jou op jou plig te wys, 9doen ek liewer 'n beroep op jou op grond van die liefde. Dit doen ek, Paulus, wat 'n ou man is en nou ook 'n gevangene ter wille…
16 Aug 3AM 20 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

1 KORINTIËRS 4 4Daar is ook niks waaroor my gewete my aankla nie, maar dit beteken nog nie dat ek vrygespreek is nie. Dit is die Here wat my beoordeel. 5Daarom moet julle nie te vroeg, voordat die Here kom, 'n oordeel uitspreek nie. Hy sal ook die dinge wat…
15 Aug 2AM 23 min