Hou vas julle guavas, Meisies!

Loading player...
Sport hou ons Suid-Afrikaners aan die gang. Die Bokke blink steeds. Pretoria is wel bietjie minder blou, of dalk meer.

Kan iemand die GNU aanjaag… “Afrika-tyd” het ook sy preke. Terwyl Tannie Helen en Oom Cupcake die GNU roei, gooi Julias sy spane die hele X vol. Ian Cameron het ’n nuwe target op sy rug, asof die arme man nie genoeg koeëls op ’n daaglikse basis moet dodge nie.

Op ’n ligter noot, KLETS ons heerlik met Guinness Wêreldrekordhouer, Billy Cowley, ook bekend as die Marmite man. Die all-round lekker ou deel sy entoesiasme vir die lewe. Billy se lus vir uitdagings is nog lank nie stil nie, en hy wil die res van Suid-Afrika saamneem op sy rekordbrekende avonture.

Die "Massa Kriminele", ook bekend as die MK, is ingesweer op hulle eie glansgeleentheid saam met hulle eie second-rate celeb-maats.

Die wêreldbekende reeks Bridgerton se onlangse reeks sluit af met ’n cameo verskyning deur ’n beeldskone Suid-Afrikaanse aktrise. En die skinder loop dat die volgende reeks haar en ’n paar warm guavas insluit.
26 Jun 2024 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Hitte, Hormone en Hoofopskrifte

Hierdie week se KLETS begin nie met politiek nie. Dit begin met hitte. Daai Gauteng-hitte wat jou laat wonder of jy in Pretoria, Pofadder of binne-in ’n pizza-oond woon. Matthys is oortuig sy breinselle het begin saamsmelt, en Colene probeer vasstel of dit die hitte, menopouse, andropouse of net die…
11 Feb 1 hr 04 min

Donder, Bliksem, Dis steeds Januarie

Dis Januarie. Nogsteeds. En asof die jaar self dit wil bevestig, breek Gauteng oop met ’n moerse donderstorm terwyl Matthys en Colene die mikrofone aanskakel. Perfekte weer vir ’n KLETS vol hoop, verwarring en ligte paniek. In hierdie week se episode gesels ons oor daardie emosionele rollercoaster van Januarie. Die…
28 Jan 53 min

’n Dieet, ’n Diktator en ’n App

Is jou Nuwejaarsvoornemens om gewig te verloor? Colene deel ’n wenner-dieet uit 1977 wat jou óf laat maer word, óf gelukkig gaan maak. Carl Niehaus het ’n plan. ’n Groot plan. Hy vermoed hy weet presies hoe om Amerika op hul plek te sit, terwyl Cyril Ramaphosa meen ministers verdien…
21 Jan 55 min

Wat Wag vir Suid-Afrika in 2026?

In deel twee van ons Astrologie KLETS oor 2026 bring ons alles terug huis toe. Die groot wêreldbewegings is een ding, maar wat beteken dit alles vir Suid-Afrika, ’n verkiesingsjaar, en vir jou persoonlik? Saam met Catherine Laurent kyk ons na die Suid-Afrikaanse politieke klimaat in 2026, ’n jaar waar…
14 Jan 1 hr 15 min

Begin, Beweeg, Besluit: Wat 2026 Bring en Inhou

In die heel eerste episode van KLETS skop ons 2026 af met konteks eerder as chaos, en met patrone eerder as paniek. Ons KLETS met die astroloog Catherine Laurent in hierdie eerste deel van ’n twee-delige reeks, waar ons kyk na siklusse, getalle en wêreldwye energieverskuiwings wat 2026 gaan vorm…
7 Jan 1 hr 12 min